Meer as 10 nuwe programme kry in Julie ’n tuiste op kykNET! Hier is waarna kykers kan uitsien:
Oppiestoep
Vanaf 1 Julie kan jy elke Vrydag om 18:00 inskakel vir Oppiestoep, ’n skreeusnaakse geselsprogram, met aanbieders Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys. Dié reeks is propvol lekkerlag-stories en Andries en Pietman kuier week na week saam met interessante gaste van regoor Suid-Afrika.
Lees meer.
Dis hoe ons rol
Dis hoe ons rol, ’n nuwe reeks met Zander Tyler, oftewel Jack Parow, en sy avontuurlustige vriend Hardus van Deventer, word vanaf 1 Julie op Vrydae om 21:00 op kykNET uitgesaai. Dit sal ook op Maandae op kykNET NOU! uitgesaai word.
Zander en Hardus durf die pad aan op hul Harley Davidson-ysterperde en neem kykers saam met hulle na plaaslike kuierplekke en beeldskone landskappe. Op pad soontoe ontmoet hulle interessante karakters, klets oor die gedreun van hul motorfietse en stop elke nou en dan vir ’n paar adrenalien-gevulde uitdagings. Boonop is daar hope musiekvermaak om na uit te sien!
Lees meer.
Unisa Internasionale Klavierkompetisie
Vanaf 3 Julie kan kykers uitsien na weeklikse uitsendings van Unisa se toonaangewende internasionale klavierkompetisie – elke Sondag om 14:30.
Heidi
Die kinderprogram Heidi word vanaf 4 Julie weer op kykNET uitgesaai! Weeksdae om 17:00. Die aktrise Rina Nienaber se stemkuns word gebruik vir Peter.
Vlerksleep
In Vlerksleep, kykNET se nuwe werklikheidsreeks, moet enkellopendes by vier potensiële pasmaats se vriende en familie vlerksleep. Skakel vanaf 4 Julie elke Maandag in om 21:00!
Lees meer.
La’t Wiel
[caption id="attachment_254605" align="alignleft" width="886"] Andre Weideman, Hannes Visser en Waldo van der Waal[/caption]
Die gewilde motorprogram La’t Wiel keer op 5 Julie om 17:30 terug na die kassie met ’n splinternuwe seisoen op kykNET. Soos vantevore word die nuwe seisoen deur Plan-C Produksies vervaardig, met Waldo van der Waal en Hannes Visser steeds agter die stuur van sake.
Lees meer.
Huis Paradys
Huis Paradys is ’n splinternuwe reeks oor leefruimtes, tuine en dekor. Aangebied deur Reynard Slabbert en Dania Gelderblom gee Huis Paradys ’n eksklusiewe maar ook praktiese blik op wat die tendense wêreldwyd is. Dit skop af op 6 Julie op 17:30.
Lees meer.
Groen: Namibië
Groen: Namibië keer terug vir ’n nuwe seisoen, wat van 6 Julie elke Woensdag om 20:00 op kykNET uitgesaai sal word. Dit sal beteken dat Kwêla se tydgleuf verander.
Lees meer.
Hotel
Hotel, wat van 11 Julie om 20:30 op kykNET uitgesaai word, is ’n nuwe Afrikaanse mokumentêr wat handel oor hoe ’n middeljarige hotelbestuurder, Ferdie Kruger, en sy kleindorpie-personeel, spartel om dié substandaard-hotel se deure oop te hou.
Lees meer.
Die Byl
Die Byl, wat op 12 Julie om 20:00 op kykNET begin, is ’n misdaadreeks wat êrens in Kaapstad afspeel in ’n fiktiewe elite-eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se afdeling vir geweldsmisdaad.
Lees meer.
Varsity Sing
Varsity Sports en kykNET snoer kragte saam om ’n nuwe koorkompetisie te loods. Varsity Sing saai vir die eerste keer op kykNET op 14 Julie om 20:30 uit, met 12 universiteitskore wat vir 13 weke lank teen mekaar gaan meeding om as Suid-Afrika se beste koor gekroon te word.
Lees meer.
Jan Braai vir Erfenis
Braai-liefhebbers kan solank hout pak en hul lippe aflek, want Jan Braai vir Erfenis is op 17 Julie om 18:00 terug met ’n negende seisoen.