Logo
OSB Kie Slim
web uni tv guide

Ons Sprokiesbruilof

145RealiteitsprogramPG

Ons Sprokiesbruilof: Watter videograaf?

Nuus
15 Junie 2017
Hoe om te kies van watter videograaf se dienste om gebruik te maak.
Sprokiesbruilof_AndreVeltz

Foto: André Velts tydens ’n onderhoud op Flits


As jy een van die paartjies op Ons Sprokiesbruilof was, kan jy eenvoudig net kykNET kyk om die kosbare oomblikke van jou droomdag te herleef. Die res van ons, sal ’n videograaf moet aanstel as ons dieselfde plesier wil hê.

André Velts, regisseur van rolprente soos Knysna en Die pro, se produksiemaatskappy – TwinFish – het al minstens 450 troues afgeneem. Hy het sy insigte oor videograwe gedeel.

Wat moet ’n mens in ag te neem wanneer jy jou videograaf kies?
Is die mens wie jy by ’n konsultasie ontmoet, die persoon wat op die dag gaan opdaag? As jy iemand kies met wie jy ’n band gebou het gedurende die konsultasie, maak dit die skiet van die bruilof meer gemaklik.

Koop die videograaf in op julle groot dag, of is jy vir hom net ’n nommer? ’n Mens kan sien ’n videograaf wil hierdie werk vir jou doen, wanneer hy opregte belangstelling toon in jou en die groot dag.

Watter vaardighede moet die videograaf hê?
Hy moet weet hoe om ’n storie te vertel. Hy moet ook sy toerusting ken, sodat hy die beste beeld kan kry wat nie laterjare oudtyds gaan lyk nie. Dit is iemand wat weet waarom hy die goed afneem wat hy afneem. Meeste van die tyd kry jy waarvoor jy betaal in ’n videograaf. Die prys wat hulle vra is ’n aanduiding van die kwaliteit wat jy kan verwag.

Waarheen gaan die geld wat ’n mens op ’n trouvideo spandeer?
Die werk hou nie op wanneer die bruilof verby is nie. Toerusting moet gehuur word. Die beeld moet gemeng word. Dit beteken mense moet betaal word. Bedryfsuitgawes maak die grootste getal op van die totaal wat op ’n videograaf se faktuur verskyn.

Hoe kan paartjies ’n goeie trou-DVD waarborg?
Deur hulleself te geniet by die bruilof. Die verkoopargument van ’n trouvideo is immers hoe gelukkig die paartjie op daardie video sal lyk.

Hoe vergelyk ’n trouvideo met troufoto’s?
’n Foto vang slegs ’n splitsekonde vas. ’n Video is ’n lewendige bewys van herinneringe, soos toesprake of seëninge, wat ’n foto nie kan lewer nie. ’n Goeie trouvideo is vol emosie waarvan ’n mens deurlopend kan getuig.

Wat maak jou werk moeilik?
As mense goed doen wat die video- of klanktoerusting kan beskadig, sal ek net daar ophou skiet, want die toerusting is regtig duur.

Senuweeagtige bruide wat sê hulle wil niemand naby hulle hê nie moet probeer onthou: die videograaf werk saam met jou, nie teen jou nie.

Gewoonlik gaan dit maar oor persoonlikhede ook. Sommige ryk bruidegomme reken byvoorbeeld hulle hoef nie diensverskaffers te respekteer nie.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).