Logo
kN Digital Banners Template In die SopSlim Homepage 1600x160
web uni tv guide

In Die Sop

144RealiteitPG13 L

Watter wyn werk? – In Die Sop

Nuus
06 Junie 2021
Die belangrikheid van wyn op ’n spyskaart is in hierdie week se episode van #InDieSop bespreek. Dit is egter nie net belangrik om goeie wyn vir jou gaste te bied nie, maar ook die regte wyn. Leer hier meer oor hoe om die regte wyn vir die regte kos te kies.
GettyImages 1259846677 (1)

Sauvignon Blanc

Sauvignon Blanc is ’n suur witwyn wat baie goed werk met kaas en kos wat baie vars speserye bevat. Dié wyn is ook gepas vir sommige seekos soos oesters, basa en stokvis.

Chardonnay

Hierdie witwyn bevat gewoonlik vrugtige geure. Vrugte wat algemeen geproe kan word is groen appel, peer, spanspek en suurlemoen. Chardonnay is perfek vir skulpvis of kreef en sal ook ’n goeie keuse wees vir groentegeregte.

Cabernet Sauvignon

Cabernet Sauvignon is ’n rooiwyn wat ideaal is vir ’n biefstuk of skaaptjop. Die oorheersende smaak is dié van swartkersies en swartbessies.

Pinot Nior

Dié rooiwyn bevat baie aardse geure en gaan gereeld gepaard met vetterige vis soos salm en tuna. Dit is egter ook ’n goeie wyn om te drink saam met varkvleis, lam of wildsvleis.

Vonkelwyn

Vonkelwyn word beskou as die ideale drankie om belangrike geleenthede te vier. Dit beteken egter nie dat vonkelwyn nie saam met ’n heerlike maaltyd geniet kan word nie. Dié wyn kan geniet word met souterige kos en werk ook lekker met geroosterde groente en vis.

Skakel Woensdae om 20:00 in om meer oor die wêreld van kos te leer en gesels saam op  FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk, #InDie Sop te gebruik.