Logo

Ons Sprokiesbruilof: Nathan en Elthea

Nuus
25 April 2017
Elthea van As (39) en Nathan Hendricks (30) van Bredasdorp trou in hierdie week se episode van Ons Sprokiesbruilof.
OSB Nathan Elthea

Die ontmoeting

Toe Elthea van As (39) die eerste keer vir Nathan Hendricks (30) by vriende se huis gesien het, het sy gedink hy is ’n pastoor omdat hy sy werksklere (’n kraaghemp) aangehad het – iets waaroor sy vandag nog gespot word.

Die twee het gou gehoor hulle bly in dieselfde kompleks, en het oor en weer begin kuier. “Tot vandag toe kuier ons nog steeds,” sê Nathan. “En môre (wanneer hulle trou) gaan die kuier klaarmaak.”

Elthea het twee kinders, maar sy en Nathan het ook ’n seun saam. “Dit wat hy vir hulle doen beteken vir my die wêreld,” sê sy.

Die verlowing

Elthea, Nathan en hul vriende vier graag groot gebeurtenisse in mekaar se lewens saam, so toe Elthea ’n kursus by die werk voltooi en baie goed vaar, het hulle oudergewoonte bymekaargekom om te braai.

Nathan het dié geleentheid gebruik om haar te vra om te trou. “Dit het gelyk soos die paparazzi rondom my soos wat die vriende foto’s neem en gil,” vertel Elthea.

Die troue

Die tema van hul troue het alles met die see te make. “Nathan hou van visvang,” sê Elthea. Die paartjie gaan buite trou op die Agri Dwala-gasteplaas op Bredasdorp.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).