Logo
Fraksie Slim BB
web uni tv guide

Fraksie

144Drama13 VL

Brendon wys ’n ander kant met Donovan – Fraksie

Nuus
22 November 2022
Sy karakter is bekend as bemiddelaar tussen Henk en sy seun in Fraksie. Lees meer oor die man agter Donovan.
Brendon Daniels

Donovan is een van die gewilde karakters in Fraksie en daar is min akteurs wat hom met soveel passie kon speel as die talentvolle Brendon Daniels. 

Wat het jy die meeste van die karakter Donovan geniet? 

Die feit dat hy ’n tuistemaker is en sy doel is baie duidelik om te werk aan die verhouding tussen Henk en sy seun.

Hoe het jy onder sy vel ingekruip?

Die teks deur Louis Pretorius is baie goed met duidelike riglyne. Met dit as gegewe was dit maklik om met Donovan te kon identifiseer en na die waarheid toe te speel. Dan natuurlik speel jy ook teenoor die ander energieë rondom jou.

Wat was die gunsteling-rol wat jy al gespeel het? 

Die karakter Adidas in die toneelstuk Rooiland met Jaco Bouwer as regisseur.

Wat is jou hoop en wense vir 2023? 

Ek sien uit na die platforms wat hulle die afgelope jaar beskikbaar gemaak het, veral die afgelope jaar.

Wat is die Suid-Afrikaanse storie wat jy dink nog op die verhoog of op kamera vertel moet word? 

Daar is nou heelwat ko-produksies met internasionale maatskappy en ek glo 2023 gaan baie bied. Watch this space want Suid-Afrika het nog baie stories om te vertel. Ek sal plaaslik nog baie graag saam met Marius Weyers speel en internasionaal saam met Arnold Vosloo.

Sokker of rugby en wie is jou span? 

Rugby is my sport en ek ondersteun die Stormers. En Frankryk. Die Springbokke as hulle teen enige ander land speel, behalwe as hulle teen Frankryk speel.

Vyf feite oor Brendon

  • Hy het op skool sukses behaal op kunswedstryde en eisteddfods, en drama was altyd sy groot liefde, maar hy het eers as portier in ’n hospitaal en as toesighouer by ’n casino gewerk voor hy op 33-jarige ouderdom die sprong geneem het om ’n vryskut-akteur te word.
  • Brendon is ewe bekend vir sy werk op die verhoog, op TV en in films. Van die kykNET-reekse waarin hy te sien was sluit in Die Boland moordeVallei van die sluiersSara se geheimTransitoArendsvlei en Spoorloos: Die eiland. Hy was ook te sien in Desert RoseTrackers en Skemerdans.
  • Hy het ’n indrukwekkende lys van verhoogproduksies waarvan hy deel was en is ewe gemaklik met komedie as drama. Van die produksies wat hy die afgelope paar jaar te sien was sluit in RooilandBabbelBalbesitRoadtripSiener innie suburbs en Queenie-hulle. 
  • Brendon is die wenner van verskeie toekennings onder meer die Fiësta vir beste akteur vir Queenie-hulle (2020) en Rooiland (2012). Hy is by die Silwerskermfees in 2018 as beste akteur in ’n kortfilm aangewys vir sy werk in Cowboy Dan.
  • Sy jonger broer is die sanger Nathan Daniels. Nathan se liedjie “I choose” was op verskeie internasionale trefferlyse.

Fraksie word Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.