Logo
In die ysterhand se greep slim BB
web uni tv guide

In Die Ysterhand Se Greep

145Telenovela13 VL

Nuwe kykstof en opwindende veranderinge in kykNET&kie se spitstydskedule

Nuus
26 Mei 2022
Binnekort kan jy jou nog meer eksklusiewe Afrikaanse vermaak geniet in kykNET&kie se spitskyktyd, daagliks van 17:00 – 22:00.
kind van die noodlot version 2 1920x1080 Landscape 2 (1)

Vanaf Maandag 4 Julie sal twee oorgeklankte Turkse telenovelas vier dae per week uitgesaai word. In die ysterhand se greep sal Maandae tot Donderdae om 17:30 op die kassie wees en Kind van die noodlot Maandae tot Donderdae om 20:00. Die boeiende intrige, aksie en romanse in die uur lange episodes van hierdie twee reekse sal kykers vasgenael hou.

Weeklikse omnibusse van dié Turkse telenovelas sal Saterdae van 14:00 – 17:30 wys.

Die immergewilde sepie Suidooster bly in dieselfde tydgleuf, weeksdae om 18:30, gevolg deur die nuus in Afrikaans om 19:00.  

Dr. Darren Green en sy kenners sal kykers steeds Maandae om 21:30 in Medies inlig en wenke oor ’n verskeidenheid mediese toestande gee.

Ná vier jaar groet ons die inspirerende aanbieders van Tussen Ons – Tracey Lange, Zelda le Grange, Kay Karriem, Success Lekabe en Ingrid Jones. Die laaste episode van hierdie geliefde geselsprogram word op 30 Junie om 20:00 uitgesaai.

Kô, lat ons praat, oftewel KLOP!, kykNET&kie se geselsprogram wat deur Heindrich Wyngaard aangebied word, skuif van Woensdae om 20:30 na Sondae om 19:30. Dit beteken die huidige herhalingsgleuf op ’n Sondag sal die program se nuwe uitsaaityd wees.

Die gewilde gospel-en-geselsprogram Koortjies met Jonathan Rubain sal steeds Sondae om 18:00 uitgesaai word, waarna kykers kan regskuif vir eNuus

Weeksdae se herhalings van Binnelanders se tiende seisoen skuif na 17:00, Maandae tot Vrydae. Getroud met rugby se sesde seisoen word steeds Maandae tot Vrydae om 21:00 uitgesaai. Alle episodes van Egoli is beskikbaar op Showmax en weeklikse omnibusse wys steeds Sondae om 07:30 – 10:00 op kykNET&kie.

Dié skeduleveranderinge is deel van groot vernuwing by kykNET&kie (DStv-kanaal 145), wat kykers later vanjaar met nog nuwe plaaslik vervaardigde programme sal verras.

Volg kykNET&kie op sosiale media op Facebook, Instagram en Twitter.