Logo
Showpage Billboard 1600x800
web uni tv guide

Hannes Aan Huis

144LeefstylPG13 L

Blink nuwe turkse telenovela vir kykNET&kie – Jy Is My Seun

Nuus
03 Maart 2023
Dié nuwe titel vervang die gewilde "Kind van die Noodlot" wat ná 148 episodes tot ’n einde sal kom op 16 Maart om 20:00.
Jy is my seun Article Image

Telenovellas uit Turkye het kykers die afgelope tyd oorrompel en hulle kan nie genoeg kry van dié reekse met hulle beeldskone vroue, aantreklike mans, Turkse landskappe, intriges en drama nie. En goeie nuus is dat daar ’n splinternuwe telenovella – Jy is my seun – wat op 20 Maart begin en beloof om kykers nes die vorige wegholsuksesreekse te boei.

Dié nuwe titel vervang die gewilde Kind van die Noodlot wat ná 148 episodes tot ’n einde sal kom op 16 Maart om 20:00.

Op 20 Maart om 20:00 ontmoet kykNET&kie kykers die een persoon wat in die nuwe verhaal onskuldig is – die jonge Efe.

Akça, ’n prostituut se dogter, word gedwing om haar seun, wat sy by die boosaard Hasan gehad het, vir aanneming aan ’n welgestelde familie te gee. Die seun, Efe, se lewe by die Karasu-familie is egter nie alles wat dit moet wees nie aangesien sy aangenome ma, Şule, ’n kind van haar eie kry en sy Efe begin afskeep. Intussen vind die Karasu’s uit dat hulle aartsvyand, Hasan, Efe se pa is. Hasan word uit die tronk vrygelaat en die eerste ding wat hy doen, is om Akça te gaan soek, dit terwyl Akça self enigiets sal doen om die vyfjarige Efe terug te kry …

In hierdie verhaal is daar slegs een persoon wat onskuldig is – die jong Efe.

Die karakters in Jy is my seun beloof om weer kykers vasgenael te hou. Hiermee die lys van karkaters asook die akteurs wat hulle speel en die Suid-Afrikaanse spelers wat vir hulle stemme verantwoordelik is:

Efe (Mehmet Emin Guney, stem deur Zach du Toit) is Akça en Hasan se biologiese seun, maar is deur die welgestelde Šule en Ali Kemal aangeneem.

Akça (Merve Çagiran, stem deur Claudia Jones) is Efe se biologiese ma. Sy het hom gehad toe sy 17 jaar oud was, maar het vir die pa van die kind, Hasan, en haar ma gesê die kind is by geboorte dood.

Ali Kemal (Serhat Teoman, stem deur Eddie de Jager) is Asiye se seun, Šule se man en Efe se aangenome pa. Hy glo egter hy is Efe se biologiese pa. Ali Kemal moes op ’n jong ouderdom die man van die huis word aangesien sy pa hulle verlaat het.

Šule (Ceyda Ates, stem deur Lizelle Pike) is getroud met Ali Kemal en is Efe se aangenome ma.

Hasan (Ismail Hacioglu, stem deur Reginald Hufkie) is ’n skurk en is obsessief oor Akça. Hasan is Efe se biologie pa, maar hy weet dit nie aangesien Akça gesê het die baba is by geboorte dood.

Asiye (Nazan Kesal, stem deur Susan Coetzer) het drie kinders – Hasan, Ali Kemal en Murat. Ali Kemal en Murat het dieselfde pa, maar sy hou Hasan geheim van almal. Ali Kemal en Murat weet dus nie hulle aartsvyand is hulle broer nie.

Murat (Kenan Acar, stem deur Donovan Petersen) is Asiye se jongste seun en is onbewus van al die familie se geheime.

Emine (Nimet Iyigün, stem deur Natasja Jacobs) is in haar vyftigs en sal enigiets vir geld doen, selfs al is dit om haar dogter, Akça, aan Hasan te verkoop.

Jy is my seun begin op Maandag 20 Maart om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en is van Maandae tot Donderdae op lug.