Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Net twee spanne bly oor – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
12 Oktober 2023
Die 12de episode van “Kokkedoor Vuur & Vlam” was propvol emosies gewees.
Kokkedoor Vuur Vlam Ep 12 Article Image

In die begin van dié reeks het 20 hoopvolle Onthou-en Kinkel- braaiers die kombuis betree; hulle was in spanne ingedeel en keer op keer uitgedaag deur die take wat Bertus Basson en Kobus Botha vir hulle gestel het. 

Sommige spanne het goed oor die weg gekom en was hartseer gewees elke keer wat span skuiwe plaasgevind het. Ander kere was die deelnemers maar net te dankbaar gewees om ‘n nuwe spanmaat te kry. 

Op die vooraand van die einde van dié reis, is daar twee spanne wat volgende week die vlamme vir die laaste keer moet trotseer om as wenners gekroon te word. 

Die twee spanne is: Kevin en Nate en Karen en Gert. 

Kevin is ’n gewese landbouskool-leerder, rugbyspeler en talentvolle sjef wat al op ’n jong ouderdom wys hy is ’n uitblinker. Op 24 het hy reeds sy sjef-kwalifikasie verwerf en is hy ook ’n mede-aanbieder van die kosprogram Spyskaart op SABC2 en was hy die wenner van Sjefhuis op VIA.

Kevin en Karen was ook saam in ‘n span gewees, maar hulle kon mekaar net nie vind as spanmaats nie. 

Nate is tans die eienaar van DNA Café in Kuilsrivier wat een van die eetplekke was wat in die tweede seisoen van kykNET se In die Sop-reeks oorgedoen is. Die DNA staan vir Duke, Nate en Adele (Nate se vrou). Duke is intussen oorlede en die restaurant is sy nalatenskap aan Nate en Adele.

Karen is ’n voormalige lugwaardin wat lank reeds droom om aan Kokkedoor deel te neem. Hierdie is vir haar ’n ervaring wat sy vir haarself aanpak – sy het in 2013 aan Masterchef deelgeneem en moes daarna stormwaters in haar persoonlike lewe trotseer.

Gert het sy eie restaurant in Gqeberha, Fine Time Steakhouse Co., gehad en dit was aangewys as die beste steakhouse in die Baai. Dit was ’n geweldige terugslag vir Gerhard en sy gesin toe hulle noodgedwonge die restaurant se deure in 2021 moes sluit.  Hy werk nou by die Addo Country Estate.

Watter een van dié twee spanne sal die beoordelaars net so klein bietjie meer kan beïndruk in die finale episode van Kokkedoor Vuur & Vlam

Moet nie volgende Donderdagaand misloop om te sien wie gaan koning kraai in die nek-aan-nek- kompetisie nie! Gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk, #KokkedoorVuurVlam te gebruik.