Logo

Nagligte se CD-bekendstelling: Wenners

Nuus
24 November 2015
Vyf gelukkige kykers het die kans gestaan om elk dubbelkaartjies na die bekendstelling van Nagligte se debuutalbum, Hoop in die donker, te wen! Hier is die wenners.
Nagligte Album
Vyf gelukkige kykers het die kans gestaan om elk dubbelkaartjies na die bekendstelling van Nagligte se debuutalbum, Hoop in die donker, te wen! Dit vind plaas op 25 November by Weiveld, Pretoria, vanaf 20:00. Hier is die wenners:

Wenners:
Eluska Prinsloo
Yolandi Du Plessis
Johan Grobler Jnr
Nita Mulder
Sharon Botes

34 nagligte album


Nagligte bestaan uit drie lede: Jacobus (Roof) Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël (Eddie) Brink (dromme).

Die groep het in 2000 begin toe Roof en Wynand mekaar op Universiteit ontmoet het. Albei was aanvanklik skepties oor die ander se musikale vernuf, maar van die eerste optrede was die skrif teen die muur: “We’re starting a band!”

Vir meer as ’n dekade lank is dié droom, soos meeste drome, eenkant toe geskuif om stof te vergader tussen IRP5’s, troufoto’s en kinders se speelgoed.

Aan die begin van 2014 het die droom uiteindelik begin momentum kry toe hulle saam met Eddie begin liedjies skryf het. “Ons wou net iets doen om uit hierdie sieldodende bestaan te kom”, sê Roof. Al drie die lede is voltydse sakemanne.

Hul eerste enkelsnit, “Dit Stop Nou” is opgeneem deur Francois de Klerk by Blakk Productions in Potchefstroom en gemeng deur Jürgen von Wechmar van Sunset Recording Studios in Stellenbosch.

Kyk die video hier onder:



Die groep se boodskap aan almal daarbuite: “Ons wil wegbreek uit hierdie doellose bestaan wat huidiglik so baie van ons tyd opneem. Ons wil vir almal sê: Dit maak nie saak wie jy is en wat jou omstandighede is nie, daar is altyd hoop in die donker. Word wakker. Word groot. Staan op.”

Kry Nagligte op Facebook, Twitter (@nagligte) of besoek hul webblad.