Logo
Die Real Housewives van Pretoria - Season 1. Lottostar Kompetisie - R50 000
web uni tv guide

Die Real Housewives van Pretoria

144Realiteit13 L

Naels 101 – Die Real Housewives van Pretoria

Nuus
15 November 2022
Die vere maak die voël, maar die naels rond beslis dié dames se voorkoms af.
RHOPTA Nail Article Image

Het jy ook nou al gewonder waaroor al hierdie nael-praatjies gaan? Hoeveel verskillende maniere daar is om jou naels te vyl? Wat die verskil is tussen gel en akriel?

Dié is dan die perfekte artikel vir jou.

Naellak vs. Gel vs. Akriel

Naellak is die eenvoudigste manier om jou naels te doen. Alhoewel dit nogal moeilik is om nie jou naels te “smudge” terwyl jy wag vir dit om droog te word nie. Dit kan ook met of sonder ‘n basislaag of bo-lagie gebruik word en is ideaal as jy vinnig verveeld raak of jou naels met jou uitrustings wil pas.  

Gel werk amper op presies dieselfde manier, behalwe dat jy elke lagie verf “bak” onder ‘n UV-lampie wat verseker dat die kleur nie sal smeer nie. Hierdie metode versterk ook jou naels en kan tot en met 14 dae mooi lyk. Gel kan verwyder word deur jou naels te week in asetoon.

Akriel is ‘n poeier (polimeer) wat gemeng word met ‘n vloeistof (monomeer) om sodoende ‘n harde laag oor die nael te vorm wat, so te sê, onbreekbaar is. Dit word ook gebak onder ‘n UV-lampie, maar die proses om die naels te verwyder is bietjie langer as om gel naels te verwyder.

Sodra jy besluit het of jy eerder gel of akriel naels wil hê, lê daar nog ‘n groot besluit voor: die vorm waarin jou naels in gevyl moet word.

Daar is deesdae omtrent vreemde name vir al die verskillende style waarin naels gevyl kan word, onder meer:

  • Rond – die naelvorm is die mees natuurlike naelvorm omdat dit presies gevorm word soos jou natuurlike nael en is perfek vir persone wat baie aktief is en wat ‘n groter risiko het om ‘n nael te breek.

© Getty Images

  • Ovaal – ‘n bietjie korter weergawe van die amandel vorm wat steeds uiters natuurlik lyk.

© Getty Images

  • Vierkantig – ‘n vorm wat gekenmerk word deur reguit aan die punt en kante van die nael gevyl word.

© Getty Images

  • Squoval – ‘n vierkantige nael wat net so klein bietjie meer gerond is om ‘n sagter voorkoms te skep.

© Getty Images

  • Stiletto – lang, gepunt en uiters dramaties. Dié naelvorm is beslis vir maksimaliste.

© Getty Images

  • Coffin/Ballerina – dié vorm is ‘n hibried tussen ‘n vierkantige nael en ‘n stiletto.

© Getty Images

  • Amandel – ‘n langer naelvorm wat geleidelik gepunt word om te lyk, soos die naam voorstel, ‘n amandel.

© Getty Images

Dit maak nie saak hoe jy jou naels dra nie: plein en doeltreffend soos Marié of so dramaties soos Mel of Kiki nie: Solank dit vir jou mooi is.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Die Real Housewives van Pretoria om te sien hoe, en wanneer, die naels uitkom en gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die volgende hutsmerke te gebruik: #RHOPTA, #PREToria en #GoedBeterGoedste.