Logo
Suidooster S9 Oct 2023 Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

145Drama13

‘n Vuurwarm Oktober lê voor in kykNET-sepies en telenovelas

Nuus
04 Oktober 2023
Lees dié artikel vir ‘n voorsmakie van wat jy kan verwag in Suidooster, Diepe waters, Arendsvlei en Binnelanders dié Oktober.
Diepe waters 4

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145)

Dié maand in Arendsvlei sal kykers ’n paar nuwe gesigte ontmoet, terwyl ou gesigte weer ’n draai in die Vlei kom maak. Bianca bevind haarself in ’n dilemma wanneer sy begin dink aan ’n ou liefde van jare terug. Maar hier in die Vlei moet jy nie eers begin dink aan iemand nie, want hulle daag sommer by jou voordeur op! Coenraad (Loukmaan Adams) kom klop weer aan Bianca se deur en dit maak vir Thys briesend. En voor Bianca sien, bevind sy vir haar in ’n moeilike finansiële posisie. Wie sal tot Bianca se redde kom - Thys of Coenraad? 

Die gevreesde Emile daag weer in Arendsvlei op, net wanneer Janice dink alles is nou rustig. Die gemeenskap vind so stuk-stuk uit hy is terug en almal moet op hul eie manier dit verwerk. Maar Emile kom nie alleen nie, hy bring sy broer, Christopher, se seun, Gio, en sy ma saam. Rodney Goliath, bekend vir sy deelname in Maak My Famous seisoen twee, vertolk die rol van Gio. Kykers sal met tyd uitvind hoe Gio en sy ma by Emile opgedaag het.

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) 

At oorreed vir Conrad om terug te gaan werk toe. Die verpleegpersoneel is in vervoering oor Braam se interessante verlede, en wanneer Jasmyn opdaag, kom veral Elise se katnaels uit. Die nuwe locum, Ella Swart, sorg vir baie spekulering en ongemak, en dit is net ’n kwessie van tyd voor haar verlede meer as een persoon se lewe in gevaar gestel.  

Bets is angsbevange wanneer dit blyk of At aangerand is, en Conrad probeer om die weke van sy lewe wat hy nie kan onthou nie, te ontrafel. Liam vertrek om die Camino te gaan stap, en Karen is nié tevrede nie. Tracy en Tertius kry skoktyding oor die swangerskap, en Lukas beklink ’n langtermyn-ooreenkoms.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Riaan se handewerk beïndruk vir Gys, maar maak die lewe meer ingewikkeld vir Pam. Charity en Karla laat die woorde rol, en Valencia het iets op die hart. 

Meghan en Jacques besin oor hul toekoms, terwyl Riaan bekommerd is oor Gys se invloed op sy dogter. Henry brand om die groot vraag te vra.

Riaan wil meer weet oor Meghan en Gys se verhouding. Karla en Charity het hulle messe in vir mekaar. Sanet is nie van plan om ‘n nuwe intrekker te verwelkom nie. 

Sosiale media beïndruk nie vir Sanet nie. Rose se vraag hits die wrywing tussen Charity en Karla aan, en Riaan vra vir Meghan onstellende vrae. 

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145)

Die Suidooster saai behoorlik amok in Ruiterbosch dié Oktober soos dit van die inwoners se lewens deurmekaar waai en warrelwinde van nuwe intriges dié Kaapse woonbuurt tref. 

Só is daar groot onmin in die Samsodien-gesin en rus dit op Rhafiek en Bianca se skouers om ’n oplossing daarvoor te probeer vind, maar dit is makliker gesê as gedaan. 

Terwyl Radio Dassie op almal se lippe is en die slu Nazeem sy ore daarvoor spits, sukkel Kate en Rassie om op dieselfde golflengte te bly.

’n Nuwe gesig of twee duik ook in Ruiterbosch op. Een is Aiden se broer, Gary, wat gou reg is om sy merk in die gemeenskap te maak. En ’n aantreklike blondine lyk heel sappig vir Juicy Justin. Het hy dalk uiteindelik die regte deksel vir sy pot gekry? 

Soos die Suidooster genadeloos deur die Kaapse strate loei, begin ou spoke ook loop . . . Die verlede kom klop aan Lee-Ann se deur en slapende honde word wakker gemaak. 

Bly weeksaande ingeskakel op kykNET, kanaal 144 en kykNET&kie, kanaal 145 vir die nuutste verwikkeling in SuidoosterDiepe watersBinnelanders en Arendsvlei. Gesels ook saam op FacebookTwitter en Instagram en onthou dat dié programme ook gestroom kan word op DStv Stream.