Logo

Musiek wat jou laat regop sit – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Nuus
21 Februarie 2024
Voeg dié liedjies sommer nou op jou gunsteling “playlist”.
Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Hoe gemaak wanneer ‘n gefrustreerde joernalis haar humeur vir ‘n laaste maal verloor en sodoende haar baas só kwaad maak dat sy summier afgedank word? En as jy ‘n one-hit wonder geskryf het en voel asof net niks kan reg loop in jou lewe, professioneel en persoonlik, nie? 

Dan gaan jy na die kleinste dorpie wat jy op ‘n padkaart kan vind om jou wonde te lek, en dalk, in die proses, genesing te vind. 

Die musiek is onlosmaaklik deel van dié storie wat gebaseer is op Annie Klopper se treffer-boek! 

Nie net is van die lekkerste musiek in die fliek te hore, soos Van Pletzen, Augusta Zietsman, Early B, Hunter Kennedy, Bobby van Jaarsveld en Eden nie, maar die bekroonde komponis, Charl-Johan Lingenfelder, het ook musiek geskep vir dié film! (Vinnige feit: Die bekroonde film, Kanarie, is losweg gebaseer op Lingenfelder se lewe.)

Hier volg die musiek wat heeldag in ons kop draai na ons Pamina moontlik al vir die vyfde (!) maal gekyk het... 

 

Everything Means Nothing (But love) – Cartoon Graveyards

Luister hier na een van dié groep se ander liedjies, Snake:

 

Daarsy Boys (feat. Hunter Kennedy) – Francois van Coke

 

Parasite – Hunter Kennedy

 

Awaken the Legehness (feat. Early B) – Van Pletzen

 

Die Dinkdansmasjien – Bittereinder

 

Just – Karma-Ann Swanepoel

 

Probeer – Augusta Zietsman

 

Spieëltjie – Bobby van Jaarsveld

 

Lyf teen lyf  – Eden

 

Hoogtevrees – Margot Rothman & Loki Rothman

Luister na hierdie cover van The Chainsmokers om meer te hoor van dié talentvolle broer en suster:

 

Tyd Om Eerlik Te Wees – Christiaan Schoombie 

Dié liedjie is geskryf deur Hunter Kennedy, Fred Den Hartog en Laudo Liebenberg, maar is opgevoer deur Christiaan Schoombie wat die rol van Wolf de Jager vertolk.  

Indien jy nog nie Die tragiese saak van Pamina Vermaak gaan huur het op DStv Box Office nie, moet jy dadelik dit gaan doen!