Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Maak Ronell se fotomuur self – Kunsvlyt 3

Nuus
09 Julie 2019
Probeer dit self.
Kunsvlyt 3

Tydens die eerste episode van Kunsvlyt 3 het Ronell Neethling ’n pragtige kunsmeer met familiefoto’s ontwerp. Nou kan jou vinnig-vinnig dit sommer self by die huis probeer. Hier is haar riglyne:

JY BENODIG:

  • Creative talents-krytverf (Chalk Paint)
  • 4 x houtkruise, houtvlaggies en canvas van Creative Talents
  • ​2 x wit canvasses van Dala
  • 3 x hout deksels van Creative Talents
  • Kaisercraft “Scrap Studio”
  • Papierpak
  • All purpose Ink: Truffle van The Wholesaler
  • TomBow-gom
  • Geroeste blikkie van die rommelkas
  • Little Birdie Mixed Media Paste
  • Gom-geweer
  • Celebr8 Chipboard-hartjies
  • Little Birdie Aqua Medley
  • Ephemera
  • Versa Magic-inksponsie, bruin
  • Voëltjie-stensil van Creative Talents
  • Paletmesse van Dala
  • Kaisercraft Kaiser mist, goud

STAPPE:

Stap 1:
Verf die agtergrond met roomkleur krytverf en ’n sponsroller. Verf die 4 kruise in bruin, blou, groen en donkerroom en ink die kante sodat dit beter uitstaan teen die agtergrond. Versier die kruise met mooi sê-goed, blomme en chipboard-items.

Stap 2:
Verf al die letters in roomkleur verf en ink met die Versa Magic-sponsie. Chalk die kante van die bord met dieselfde bruin.

Stap 3:
Gebruik die blikkie, sny en vorm hom totdat dit soos ’n klein trekkertjie lyk.

Stap 4:
Deel die wit canvas in vier blokke en herhaal weer die kleurskema van die kruise. Plak ’n vlindertjie in elke blok en gebruik papierstroke met mooi sê-goed op om die kruis te vorm in die middel van die canvas.

Stap 5:
Herhaal weer die kleurskema op die klein canvasse en decoupage dan scrapbook-papier op elkeen van hulle. Ink die kante.

Stap 6:
Verf die drie houtdeksels. Decoupage scrapbook-papier op twee van die agtergronde en monteer die foto’s daarop. Versier met oulike sê-goed en blomme-uitknipsels. Plak die trekker op die ander deksel en ink rondom die trekker. Plak ’n mooi boodskappie en ’n blommetjie ter afronding. Spuit die goue Kaiser Mist op die geroeste trekker sodat hy beter uitstaan.

Stap 7:
Decoupage of plak die vlaggies met scrapbook-papier. Gebruik verskillende soorte papier uit die papierpak om dit te doen. Ink die kante. Plak dit in posisie op die groot bord. Plak die letters bo-op. Plak nou al die ander elemente vas.

Stap 8:
Neem die mixed media paste en voëltjie-stensil van Creative Talents en stensil op die agtergrond links bo en onder en regs in die middel. Versier Verder die agtergrond met ’n uitknipsel of twee.

Gallery


Vir meer idees soos dié, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.