Logo
Die Real Housewives van Pretoria - Season 1. Lottostar Kompetisie - R50 000
web uni tv guide

Die Real Housewives van Pretoria

144Realiteit13 L

Liefde vir spoed – Die Real Housewives van Pretoria

Nuus
01 November 2022
Is jy so lief vir vinnige karre soos wat Kiki is? Vind dan hier meer uit oor die wêreld van motorsport!
RHOPTA

‘High maintenance’

Nie net moet Formula 1- karre se wiele gereeld vervang word tydens ’n resies nie, maar die enjin hou ook net vir ongeveer vyf wedrenne voordat dit óók vervang moet word! Die feit dat hierdie karre ook nie lank hou nie en gereeld verander word om nuwe tegnologie en parte by te voeg is hoekom hierdie een van die duurste en mees eksklusiewe sporte in die wêreld is. Van die beste F1-spanne spandeer ongeveer $500 000 000 per jaar!

Onderstebo bestuur?

Resieskarre moet baie ligter as die gemiddelde kar wees en bereik ook natuurlik baie, baie hoër spoed. Dit beteken dat die ‘downforce’ gewoonlik meer is as die kar se gewig en maak dat dit moontlik is vir hierdie karre om letterlik onderstebo te ry – as iemand daardie kans sal waag.

Alles begin by resieskarre

As jy al ooit gewonder het waar die idees vir spieëltjies in jou kar, of kameras wat jou help om te parkeer, vandaan gekom het, kan jy motorsport bedank! Omtrent alle nuwe tegnologie wat in vandag se karre te vind is, sowel as die basiese goed wat karre veilig en gemaklik maak was eers vir resieskarre ontwerp.

Word saam met jou kar ligter

F1-bestuurders verloor ongeveer 4 kilogram in een enkele wedren! Ongelukkig is hierdie grootliks te danke aan die aaklige hitte wat hierdie bestuurders moet verduur terwyl hulle jaag.

Hoekom sjampanje?

Die eerste French Grand Prix het in 1950 by Reims plaasgevind. Hierdie area is beroemd vir kwaliteit sjampanje, so dit het sin gemaak om vir die wenner ’n duur bottel sjampanje te gee na die resies. In 1966 het die wenner van 24 Hours of Le Mans per ongeluk die skare natgespuit met ’n bottel sjampanje wat heel dag in die son gesit het. ’n Jaar daarna het Dan Gurney aspris die skare natgemaak met ’n bottel sjampanje nadat hy dieselfde resies gewen het en so het dié tradisie begin.

Die oorsprong

Omdat Europa die hotspot is vir hierdie sport en verskeie wêreldberoemde wedrenne soos 24 Hours of Le Mans en die Monaco Grand Prix aanbied, dink baie aanhangers dat motorsport begin het op hierdie kontinent, maar  die eerste renbaan wat spesifiek vir motorsport geskep is was egter in Melbourne, Australië by ’n renbaan vir perde. Dié baan het deur die jare ontwikkel om meer moderne resieskarre te akkommodeer.

Bly ingeskakel vir al die vermaak en gesels saam deur die hutsmerk #RHOPTA op Facebook, Twitter en Instagram te gebruik.