Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

kykNET ryg SAFTA-benoemings in

Nuus
29 April 2021
kykNET kan met 49 benoemings in verskeie afdelings spog.
SAFTAs BB

Die benoemings vir die 15de SAFTA-toekennings, oftewel die South African Film and Television Awards, is vanoggend bekend gemaak. kykNET kan met 49 benoemings in verskeie afdelings spog. Daar is ook twee kategorieë waar kykers vir hulle gunstelinge kan stem en hier het kykNET vyf benoemdes.

Die afgelope jaar het gewys dat kykNET en al sy produksie-vennote in die TV- en filmindustrie nie teruggestaan het vir ‘n uitdaging nie en nogtans die een kwaliteit-program en –film na die ander vervaardig het. 2020 was ook ’n jaar waar Suid-Afrikaners meer as ooit tyd voor hulle TV’s spandeer het en kykNET was weer eens een van die juwele in die DStv-kroon.

Hiermee die kykNET se SAFTA-benoemings:

Beste prestasie in regie – TV-sepie
Danie Joubert – Binnelanders

Beste prestasie in draaiboekskryf – TV-sepie
Deon Opperman, Frederick Botha, Ansu Visser, Igna Botha, Burger Meyer, Johann van Staden, Stiaan Smith, Marius de Bruyn, Percy Pretorius, Monique Nortjé – Getroud met rugby

Beste prestasie in oorspronklike musiek/klankbaan – Telenovela
Murray Anderson – Arendsvlei

Beste prestasie in klank – Telenovela
Stash Couvaras – Arendsvlei

Beste aktrise – Telenovela
Crystal-Donna Roberts – Arendsvlei

Beste vroulike byspeler – Telenovela
Quanita Adams – Arendsvlei

Beste aktrise – TV-sepie
Cindy Swanepoel – Binnelanders

Beste akteur – TV-sepie
Clint Brink – Binnelanders
Cedwyn Joel – Suidooster

Beste vroulike byspeler – TV-sepie
Portia Joel – Suidooster

Beste manklike byspeler – TV-sepie
Roderick Jaftha – Getroud met rugby

Beste prestasie in regie – TV-drama
Etienne Fourie, Elanie Rupping – Tydelik Terminaal

Beste prestasie in ontwerp – TV-drama
Franci van Heerden – Fynskrif

Beste vroulike byspeler – TV-drama
June van Merch – Sara se geheim

Beste prestasie in regie – TV-komedie
Bennie Fourie – Hotel

Beste prestasie in draaiboekskryf – TV-komedie
Beer Adriaanse, Ryan Metcalfe, Johan Cronjé, Bibi Slippers, De Klerk Oelofse, Bennie Fourie – Hotel

Beste prestasie in redigering – TV-komedie
Gideon Breytenbach – Cas oppie kassie

Beste prestasie in kostuumontwerp – TV-komedie
Nerine Pienaar, Jolandi Pienaar – Cas oppie kassie

Beste prestasie in grimering en haarstilering – TV-komedie
Gerlia Groenewald, Miraim Didi Wheeler – Cas oppie kassie

Beste prestasie in kinematografie – TV-komedie
Dirk Cornelius Smit – Cas oppie kassie

Beste akteur – TV-komedie
James Borthwick – Hotel

Beste vroulike byspeler – TV-komedie
Martelize Kolver – Hotel

Beste manlike byspeler – TV-komedie
De Klerk Oelofse – Hotel

Beste internasionale formaat program
Hoor my! Sien my! Soen My!

Beste aktuele program
MegaBoere

Beste verskeidenheidsprogram
Republiek van Zoid Afrika

Beste jeugprogram
Kompleks

Beste vermaakprogram
Maak my famous

Beste leefstylprogram
Elders: Pelgrimstog van hoop

Beste prestasie in draaiboekskryf – Speelfilm
René van Rooyen – Toorbos

Beste prestasie in kinematografie – Speelfilm
Jozua Malherbe – Griekwastad

Beste prestasie in klankontwerp – Speelfilm
Ebenhaezer Smal – Griekwastad
Michael Botha, Kyle Koekemoer, Andrew Smit, Stephen Webster, Jenna Lange – Toorbos

Beste prestasie in oorspronklike musiek/klankbaan – Speelfilm
Charl-Johan Lingefelder – Griekwastad
Andries Smith – Toorbos

Beste prestasie in redigering – Speelfilm
Lucian Barnard – Griekwastad
Dries Scholtz, Ronelle Loots – Toorbos

Beste prestasie in produksie-ontwerp – Speelfilm
Waldemar Coetsee – Toorbos

Beste prestasie in kostuumontwerp – Speelfilm
Susan Dreyer – Toorbos

Beste prestasie in grimering en haarstilering – Speelfilm
Theola Booyens – Toorbos

Beste aktrise – Speelfilm
Elani Dekker – Toorbos

Beste vroulike byspeler – Speelfilm
Ira Blanckenberg – Toorbos
Jane de Wet – Griekwastad

Beste speelfilm
Griekwastad

Die publiek kan in twee kategorieë vir hulle gunstelinge stem en ook hier is kykNET verteenwoordig.
Beste TV-aanbieder: Waldimar Pelser vir KN Verslag in Gesprek
Gewildste sepie: Arendsvlei, Binnelanders, Getroud met rugby, Suidooster

Die SAFTA-toekennings word op Saterdag 22 Mei aangekondig deur middel van ‘n virtuele toekenningsgeleentheid en sal op Mzansi Magic (DStv kanaal-161) uitsaai.