Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

kykNET-programme wat deur Covid-19 geraak word

Nuus
03 Julie 2020
kykNET versoek kykers om asseblief versigtig en veilig te bly.
COVID

– ENGLISH TO FOLLOW –

In Mei het verskeie kykNET-produksies se kameras stadig weer begin rol. In ooreenstemming met vlak 4- en vlak 3-inperkingsregulasies is streng nuwe protokolle geïmplementeer om die verspreiding van die koronavirus te bekamp.

Hierdie maatreëls sluit in slegs ’n beperkte aantal persone wat op stel toegelaat word, die handhawing van sosiale afstand, die voortdurende deel van nuwe inligting rondom die virus, veiligheidsbeamptes op stel, die gereelde reiniging van stelle, ateljees en voertuie asook die gereelde monitering van die liggaamstemperatuur van almal op stel. Danksy hierdie voorsorgmaatreëls en die monitering van liggaamstemperatuur is daar twee individue, wat geen ander simptome gehad het nie, positief getoets en kon die verdere verspreiding van die virus verhoed word.

Wanneer enigiemand wat by ’n produksie betrokke is, positief toets, word die produksie onmiddellik gestaak. Almal met wie die betrokke persoon in kontak was, word opgespoor en in kennis gestel dat hulle hulself vir Covid-19 moet toets. Van die hele produksiespan word vereis om te self-isoleer totdat ’n toets bevestig dat hulle nie Covid-19 het nie. Die besluit om voort te gaan met die produksie word eers geneem nadat alle risiko uitgeskakel is.

Die volgende kykNET-produksies is deur Covid-19 geraak ten tyde van skrywe op 3 Julie 2020: Die Groot Ontbyt, Groot plaas en Kom ons praat daaroor (wat al drie in dieselfde ateljee opgeneem word), Kom ons jol, Suidooster, Arendsvlei, Binnelanders, KN Verslag en E-nuus. By elkeen van hierdie produksies word die protokol gevolg soos hierbo uiteengesit.  

Slegs E-nuus en Die groot ontbyt se uitsaaiskedules moes onderbreek word as gevolg van die deeglike reiniging en ontsmetting wat by hierdie ateljees gedoen moes word. Die groot ontbyt sal weer vanaf Maandag 6 Julie 2020 op die kassie wees en die enigste kansellasie van ’n E-nuus-uitsending was op Saterdag 27 Junie 2020.

Die KN Verslag in gesprek-span roteer en uitsendings gaan voort soos geskeduleer. Waldimar Pelser bied dié program op 'n rotasiebasis om die berut vanaf sy huis in Kaapstad en die ateljee in Johannesburg aan. Hy word bygestaan deur die KN Verslag-span met Lourensa Eckard en Heindrich Wyngaard in die ateljee. 

Geen onderbrekings in die uitsaaiskedules van daaglikse dramas en telenovelas word verwag nie omdat hierdie programme maande vooruit verfilm word. Sedert die instelling van vlak 3-inperkingsmaatreëls het sommige van hierdie produksies ook hulle opname-skedules aangepas sodat daar ses dae ’n week gewerk kan word met kleiner spanne wat roteer.

kykNET is verbind tot die veiligheid van alle kunstenaars en tegniese personeel asook die welstand van ons kykers tuis. Ons bedank hiermee almal wat onder moeilike omstandighede hard werk om kykNET-kykers ingelig te hou en te vermaak.

kykNET versoek kykers om asseblief versigtig en veilig te bly.

––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––––

Early in May, cameras slowly started rolling again on many kykNET productions. In accordance with level 4 and later level 3 lockdown regulations, strict new protocols and ways of working were implemented to curb the spread of the Covid-19 virus.

These measures include limiting the number of individuals on set, social distancing, continual sharing of new information about the virus, safety officers on duty, regular deep cleansing of sets, studios and vehicles, and the regular monitoring of temperatures on shoot days. Thanks to temperature monitoring and due diligence, two individuals, who had no other symptoms, were identified as possible risks. Production was stopped immediately, and they were tested. Their tests results came back positive, and the further spread of the virus could be curbed.

When a member of any production tests positive, the protocol is to stop filming and to start tracing. All relevant cast and crew members are required to self-isolate until their test results confirm that they do not have Covid-19. The decision to resume filming is only made when all risk is eliminated.

The following kykNET productions have been affected by Covid-19 as of 3 July 2020: Die Groot Ontbyt, Groot Plaas en Kom Ons Praat Daaroor (these three programmes are all recorded in the same studio), Kom Ons Jol, Suidooster, Arendsvlei, Binnelanders, KN Verslag and E-nuus. In each case, individuals were immediately isolated, and tracing and testing was done in all relevant production teams.

The only shows affected in terms of broadcasting schedules, are E-nuus and Die Groot Ontbyt due to the deep cleanse the studios had to undergo. Die Groot Ontbyt will resume broadcasting on Monday 6 July 2020, and E-nuus was cancelled only once on Saturday 27 June 2020.

The KN Verslag teams work on a rotation basis, and there will be no impact on the broadcast of the show. Presenter Waldimar Pelser will continue to present the show either from his home in Cape Town or the studio in Johannesburg. The other KN Verslag anchors, Lourensa Eckard and Heindrich Wyngaard, will broadcast from the studio in Johannesburg. 

No disruption of daily dramas and telenovelas is expected because these programmes are filmed months in advance. Since the start of level 3 regulations, some of these productions have also adjusted their shooting schedules to six working days a week, using smaller, rotating crews.

kykNET is committed to the safety of all crew and cast on productions, as well as that of our viewers. We wish to thank crew and cast members who are working hard under trying circumstances to keep kykNET viewers informed and entertained.

kykNET urges all viewers to be careful and to stay safe.