Logo

kykNET Musiek: Bakgat Country Opskop

Nuus
07 Mei 2015
Elf van die land se beste country-kunstenaars gaan op Sondag 31 Mei op een verhoog byeen kom.
KykNET Musiek Bakgat

Elf van die land se beste country-kunstenaars gaan op Sondag 31 Mei op een verhoog byeen kom.

Ses orkeslede, THe Banned, gaan die kunstenaars op die verhoog lei. Die country-reuse is:

Dozi is ’n hardwerkende kunstenaar wie se loopbaan in klubs, kroeë en restaurante begin het. Later het hy lid van die Suid-Afrikaanse Polisie Orkes geword. Sy eerste album, Mercy, het die lig gesien in 1999. Hy het 18 albums uitgereik, waarvan ’n paar platinum-status bereik het.

Lance James: Met 57 jaar se ondervinding in die bedryf – as sanger, akteur en radio-man – het hy meer as 95 albums die lig laat sien. Hy het ook ’n boek, “Keeping it Country”, gepen. Hy het al meer as 50 toekennings ontvang.

Clive Bruce
het meer as 40 jaar se ondervinding met optredes en die opneem van sy eie albums. In die ’70’s het hy veral goed op die “SA Hit Parade” en die “LM Radio Parade” gevaar. Hy was ’n gas op TV-programme soos Noot vir Noot, Reis & Suitcase, Jakkals Jol, Rewind, Sing Country, Gentle on my Mind en Sounds Country.

Rocking Horse: In 1985 het Clive Ridgway, Tony Ridgway en Barry Buret saamgespan en die unieke klank van die Rocking Horse geskep – met drie kitare en drie stemme in harmonie. Die groep spog met 30 jaar se gewildheid.

Amoré: As ‘n finalis in die 2005 se Burger Plusster-sang-kompetisie, het Amore besef haar voltydse loopbaan sal in musiek wees. Sy het drie albums die lig laat sien en haar liedjies is ook te hoor op baie ander kunstenaars se albums. Amoré se musiekvideo’s is gereeld op die kassie op programme soos kykNET Musiek en haar laaste album was genomineer vir ’n Ghoema-toekenning vir beste vroulike pop-album.

Ricus Nel: ’n Talentvolle musikant, sanger en liedjie skrywer. Sy debuutalbum is in 2011 bekendgestel en sy tweede album in 2013 – beide die albums het goue status bereik. Hierdie talentvolle kunstenaar is ’n gereelde gas op Jukebox, Noot vir Noot, Bravo and Kwêla.

Manie Jackson het sy debuut gemaak op die verhoog in Augustus 1997 en sy eerste album is uitgereik in 1998. Tot vandag toe het Manie 11 albums die lig laat sien en baie van die albums het goue status bereik.

Chereé: Dié Kaapse meisie het haar loopbaan in 2001 begin en speel die kitaar en die klavier. Sy het baie nominasies en toekennings gekry in haar loopbaan, insluitend Sama-nominasies.

Jason Bradley: Hy het sy loopbaan in 2003 begin en het al ses albums die lig laat sien. Hy was gelukkig genoeg om 14 dae in Nashville te spandeer en was baie bevoorreg om saam met die wêreldbekende Chuck Jones te sing. Broadway het hom geroep en hy het in Tootsies opgetree.

Leonard Lang
is ’n talentvolle nuwe country-kunstenaar. Sy inspirasie kom van Alan Jackson, Dwight Yoakim, Vince Hill en Randy Travis. Sy musiekloopbaan het in 2002 afgeskop.

Matt Hurter: Liefdevol bekend as Big Matt Hurter, is hy die president van Suid Afrika se Country Musiek Assosiasie (SACMA). Jo Walker-Meador, een van die presidente van die CMA in Nashville, het Matt geprys en erken vir sy harde werk en toewyding aan country-musiek.

Moenie dit misloop nie!

Datum: 31 Mei 2015
Tyd: 15:00
Plek: Grand Arena, Grand West Casino
Prys: Kaartjies wissel van R120 tot R160
Kaartjies: Computicket by 0861 915 8000, op die webblad www.computicket.co.za of by enige Shoprite Checkers-tak
Vir meer inligting kontak:
Christo Booyens van Bakgat Promosies by 082 8955093