Logo

kykNET hoe stylvol – Die 9de kykNET Fiëstas

Nuus
21 Februarie 2019
Die modepolisie kon agteroor sit by vanjaar se kykNET Fiëstas.
Crystal Donna Roberts_Fiestas

FOTO: Crystal-Donna Roberts afgeneem deur Retha Ferguson

Was jy onder die indruk dat al die toekennings op die verhoog uitgedeel word by die 9de kykNET Fiëstas? Dink weer! Daar het nóg ’n kategorie kop uitgesteek – dié van beste uitrusting. Hoewel lang, elegante aandrokke en swierige pakke vanjaar aan die orde van die dag was, het ’n paar sterre dit reggekry om uit te staan. Hier is van die rokke (en pakke) wat ons asems weggeslaan het. En die beste van alles is, jy kan self besluit wie wegstap met die mode-Fiësta.

1550665846 25 crystal

Kom ons wees eerlik – it's Crystal-Donna Roberts' world. We're just living in it. 

1550672230 25 sandra

Nie net is Sandra Prinsloo vereer vir haar lewensbydrae tot teater nie, sy het ook die koppe laat draai op die bloutapyt. ​

1550684221 25 dean john smith

’n Man met ’n strikdas – jy mag maar, Dean John Smith.


1550665809 25 cintaine

Cintaine Schutte doen die sêding van hoe rooier, hoe mooier gestand. 

1550665463 25 tracey

Kan Tracey Lange ’n (mode)voet verkeerd sit? 

1550665732 25 maria

Arendsvlei se Maria Valente is 'n krag om mee rekening te hou in haar Valencia Harrison-rok.

1550670028 25 success lekabe

Net so Tussen Ons, Success Lekabe lyk soos ’n droom in geel. 

1550684133 25 roberto kyle

Roberto Kyle bring altyd iets anders na die tafel toe en vanjaar se kykNET Fiëstas was geen uitsondering nie.  

1550670163 25 therese benade

Therese Benade glinster in groen aan haar argitekman, Christian Bam, se sy. 

1550671472 25 celeste mathews

Antie Gertie sal definitief Celeste Mathews se rok goedkeur.


Hier is ook ’n kykie na ’n paar van ons gunsteling-paartjies.

Wat het jy van die uitrustings gedink? Vertel ons deur die hutsmerk #kykNETFiëstas of #Fiëstas2019 te gebruik.