Logo

kykNET Buite-ekspo 2016

Nuus
24 Augustus 2016
Buitelewe-entoesiaste kan uitsien na die 12de kykNET Buite-ekspo, wat van 30 September tot 2 Oktober plaasvind.
Buite Ekspo 2016 01
Dit is vir Trio Events en ons aanbiedingsvennoot, Campworld, ’n groot voorreg om vanjaar die 12de kykNET Buite-ekspo (nasionaal) aan te bied. Dié buitelug-ekspo vind vanjaar vanaf 30 September tot 2 Oktober by die Mbizi Game Lodge buite Bela-Bela (Warmbad) plaas.

Jy kan kaartjies wen! Klik hier om in te skryf.

Die 11de ekspo is vroeër vanjaar in die Wes-Kaap gehou.

Wie sou kon raai dat die nederige Buite-ekspo, wat in 2011 naby Swellendam begin is, uit sy nate sou bars? Dít is alles aan ons hoofborg, kykNET, Groot FM, Bosveld Stereo, Pretoria FM, Beeld, Maroela Media, Travel Update Magazine en ’n rits ander media-vennote, senior borge, uitstallers en die publiek te danke.

Die ekspo in Gauteng lok jaarliks sowat 18 000 besoekers en daar is weer vanjaar besluit dat die toegangsgeld nie opgestoot gaan word nie.

Buitelewe-entoesiaste kan uitsien na hope uitstallings en opwindende aktiwiteite vir die hele gesin.

Die 7de nasionale ronde van die 4x4 X-Track Racing-kampioenskap sal vir die eerste keer by die ekspo aangebied word. Verder kan ekspo-gangers uitsien na alles van 4×4-aktiwiteite, helikopter- en monstertrok-ritte tot puik kunstenaars op die verhoog.

34 buite ekspo 2016 02

34 buite ekspo 2016 03

34 buite ekspo 2016 04



Vanjaar is daar ook ’n tropiese “slush”-eiland en ’n unieke wyntuin (waar oester, kaas en olywe saam met puik plaaslike wyne bedien sal word).

kykNET se sepie-akteurs (Binnelanders, Suidooster en Getroud met Rugby: die sepie) gaan met mekaar afreken op die rugbyveld en daarna aan ’n interessante braaikompetisie (in samewerking met Jimmy’s Steakhouse Sauces en Weber) deelneem.

Die kinders sal ook vermaak word, sodat hul ouers behoorlik kan uitspan. Verder is daar heerlike kosverskaffers om van te kies en keur, sowel as ’n plaaskombuis met kroeg en biertuin op die terrein.

Ons skep vanjaar ook ’n baie unieke toerisme-area waar verskeie omliggende oorde en lodges hulle fasiliteite kan kom bemark.

Uitstalgeleenthede is beskikbaar en belangstellendes kan gerus met Trio Events se kantoor in aanraking kom by 082 201 6722 of 071 659 9915 om meer inligting te bekom.

Akkommodasie is baie skaars op die terrein en kampering is bykans uitverkoop, maar ons poog om ekstra kampering binnekort beskikbaar te stel. Kontak gerus Mbizi Game Lodge direk by 014 001 7007. Alternatiewelik kan Bela-Bela Toerisme gekontak word by www.belabelatourism.co.za vir akkommodasie in die omgewing.

34 buiteekspo 2016 flyer1

34 buiteekspo 2016 flyer2

34 buiteekspo 2016 flyer3

34 buiteekspo 2016 flyer4

34 buiteekspo 2016 flyer5

34 buiteekspo 2016 flyer6

34 buiteekspo 2016 flyer7

34 buiteekspo 2016 flyer8

34 buiteekspo 2016 flyer9

34 buiteekspo 2016 flyer10