Logo
Slim BB vjgt
web uni tv guide

Vat Jou Goed En Trek

144RealiteitPG

Buite net so belangrik as binne - Vat jou goed en trek

Nuus
26 Augustus 2022
Lees meer hier.
buite voorkoms wenke vat jou goed en trek

In episode 8 van Vat jou goed en trek, het Henck en Candice ’n paartjie raad gegee om hulle buitearea ’n nuwe voorkoms te gee.

Ethan en Katrien woon al sewe jaar lank in hulle huis in Garsfontein. Ná vyf jaar se getroude lewe, het Katrien swanger geraak met klein Ethan wat nou twee jaar oud is. Die gesin het lekker in hulle moderne drieslaapkamerhuis gewoon, maar die probleem is dat die eiendom nie ’n agterplaas het waar klein Ethan kan speel nie.

Katrien hou van binnehuisversiering en dit is duidelik te sien in hulle huis. Die area wat egter pla, is die onthaalarea buite. Behalwe dat dit ’n seer oog is, kan dit nie funksioneel benut word nie. Ethan en Katrien het ingeskryf vir Vat jou goed en trek en die span gevra om die spasie op te knap sodat hulle die huis kan verkoop en na ’n meer praktiese woning kan trek.

Die Warriors of Construction het eerstens die boma met ’n hoëdrukspuit skoon gespuit en so ontslae geraak van al die mos en grond wat oor die jare opgebou het. Daarna het hulle die vloer donkergrys geverf. Die rede hoekom hulle ’n donkerder skakering van grys gebruik het, is omdat dit meer prakties is. Vir die sit-area het hulle ’n ligter skakering gebruik om onderskeid tussen die vloer en die sit-area te maak, maar dit het steeds ’n goeie geheel gevorm. Dekoratiewe kussings is gebruik om die spasie meer aanloklik te maak.

Wenke vir ’n gesellige kuier-area

’n Boma se doel is om jou uit die gejaag van die besige stadslewe te neem na ’n area by jou huis waar jy in die natuur kan ontspan. Wanneer jy ’n boma ontwerp, is daar sekere punte wat jy in gedagte moet hou:

  • ’n Boma behoort in jou tuin versteek te wees – weg van die rumoer van verkeer en ook uit die wind se pad. Maak dus seker jy kies die regte spasie in jou tuin om die perfekte atmosfeer te skep.
  • Maak seker jy plaas jou vuurput op ’n veilige plek, ver van items wat dalk aan die brand kan slaan.
  • Die vuur moet in ’n houer gemaak word wat enigiets tussen 200 mm en 400 mm bo die grond is. So maak die rand die perfekte hoogte om jou voete op te rus.
  • Belig jou boma deur van LED-ligte gebruik te maak. Plaas dit by die sit-area om ekstra atmosfeer te skep.
  • Hou die spasie om die boma so neutraal as moontlik deur van natuurlike kleure en materiale soos klip en hout gebruik te maak.

Stroom die reeks Vat jou goed en trek op Vrydae om 17:30 op kykNET op die DStv-app. Jy kan ook jou mening gee oor die program aanlyn, gebruik die hutsmerk #VatJouGoed.