Logo

Hou jy van die buitelewe – Moenie die een misloop nie!

Nuus
25 Januarie 2024
Kom ervaar aktiwiteite soos 4x4 saamry-ritte, helikopter ritte en besoek verskeie buitelewe uitstallers, en nog meer by die kykNET Buite Ekspo Wes Kaap.
kykNET Buite Ekspo

Die kykNET Buite Ekspo Wes Kaap vind weer die naweek van 8 tot 10 Maart plaas by Môreson Plaas net buite Malmesbury.

Die ekspo beloof om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is op die talle buitelewe uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar het in die buitelewe- kampeer- en 4x4 mark. Onthou, die geleentheid word in ‘n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik gebruik sou word deur die koper.

Daar word weer verskeie aktiwiteite aangebied as deel van die ekspo. Hierdie jaar is Mahindra Claremont aanboord met veldren ervarings en ook Maniac 4x4, waar die publiek GRATIS saam met ervare bestuurders kan saamry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is.

Kom ervaar ook die gewilde helikopter ritte en bekyk die Swartland uit die lug saam met Mosselbaai Helikopters. Daar sal weer ‘n lekker ‘Braai met ‘n Twist’ kompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET akteurs en moenie vergeet van ons Hankook kunstenaars wat gaan optree nie, onder andere Rooiwyn Profeet met sy orkes, Sone Joubert, Amore, Blackie Swart, Cheree, David Fourie, Rooies, Desmond Wells, Viljoen Retief, Dewald Dippenaar, Wynand Windpomp, Nic Stevens en Riaan Grobler wat ook die MC vir die naweek sal wees.

Kom ry ook GRATIS saam die immergewilde ‘Mnr 4x4’ – André de Villiers van André 4x4 en aanbieder van 4x4 met Andre op kykNET. Hierdie ervaring in verskillende Mahindra voertuie geborg deur Mahindra Claremont is iets wat nie gemis mag word nie.

Oudergewoonte sal daar nie teleurgestel word met die ‘vloeibare verversings’ nie en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees asook ‘n groot verskeidenheid beskikbaar – enigiets van ‘n verskeidenheid wyne in die Swartland Kelders wyntuin (met heerlike kos wat hierby pas), tot bier bedien by die Castle Light Biertuin asook jou gunsteling drankies. Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid kosverskaffers wees en wie kan nou nee sê vir lekker feeskos.

Vir die dames sal daar ‘n Fines 4 U kuns- en snuffelmark wees waar daar ‘n groot verskeidenheid van kwaliteit produkte beskikbaar sal wees.

Ons het ook nie vergeet van die kinders nie en daar sal ‘n lekker groot Henties Vrugte Sappe pretpark wees en Lollos verras weer die Sondagoggend met een van hulle treffer vertonings.

Onthou alhoewel ons baie aktiwiteite aanbied, bly die fokus natuurlik op die top klas buitelewe-, 4x4- en kampeer produk uitstallings.

Kampering op terrein kan bespreek word direk by Môreson Plaas deur ‘n epos te stuur na [email protected] en toegeruste ‘glamping’ tente by [email protected]. Gou spring hierdie geleenthede verkoop baie vinnig uit!

Dagbesoeker kaartjies is beskikbaar deur TicketPro by ekspo.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo. Probeer asb aanlyn kaartjies koop deur TicketPro indien moontlik – dit vergemaklik dinge by die hekke vir almal! Ons dagbesoeker pryse is baie kompeterend en wissel tussen R30 vir kinders to R100 vir volwassenes, afhangend van die dag. Naweek pakette is ook beskikbaar.

Besoek gerus ons webwerf by www.ekspo.co.za en alle navrae kan gerig word aan Tersia by [email protected].