Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Kyk net wie is Neels se wingman – Op my eish!

Nuus
15 Maart 2021
Henre speel ’n veelsydige rol in kykNET se nuwe maatsoekreeks, Op My Eish!
Op My Eish Background 2560x1440

Om liefde te soek is nie aldag maklik nie. En wat nog meer om dit op nasionale televisie te doen! Dis hoekom Neels van Jaarsveld die hulp van jarelange vriend Henre Pretorius, ingeroep het om sy leading lady van die volgende hoofstuk in sy lewensfilm te kies.

Henre speel ’n veelsydige rol in kykNET se nuwe maatsoekreeks, Op My Eish! – van aanbieder en vriend tot ’n ondersteuningsnetwerk vir die dames en Neels. Henre het tydens verfilming ook vir ’n maand op Hermanus gebly.

“Alhoewel dit altyd Neels se besluit was wie huistoe gestuur word, het Henre ook later in die reeks die dames beter leer ken om te sien of, in sy opinie, hulle by Neels sal pas,” verduidelik Gideon Eksteen, uitvoerende vervaardiger van die reeks.

Vir Henre het die proses sy en Neels se vriendskap verdiep en was dit vir hom ’n voorreg om deel van hierdie proses te wees.

“Deur Neels se proses het ek self baie insig gekry oor hoe ons as mens geluk probeer vind in liefde. Liefde is nie geluk nie. Liefde is n byproduk van geluk. Wees gelukkig met jouself en kyk hoe liefde jou vind. Dit het ek voor my oë sien gebeur,” sê Henre kort na verfilming van die reeks.

Op my eish! skop af op Donderdag 22 April 2021 om 20:00 op kykNET (kanaal-144). Gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #OpMyEish te gebruik.