Logo

Kry Daai Lyf: Linda se gesondheidswenke

Nuus
29 Desember 2017
Kry Daai Lyf se fiksheidsghoeroe, Linda Kriel, deel haar wenke met kykers.
Linda-Kriel-Endboard

1. Skryf jou fiksheid-, gesondheid-, en verslankingsfantasieë neer. Stel vir jou ’n paar doelwitte, maar wees realisties. Hersien gereeld jou program om te verseker dat jy op koers bly. Op www.lindakriel.co.za sal jy eet- en oefenplanne kry wat vir jou beplan is.

2. Slaap help jou om gewig te verloor! ’n Mens gee makliker in vir “cravings” wanneer jy moeg is. Slaap is ook ’n teenvoeter vir stres. Slaap laat jou liggaam herstel en ontspan. Jy het dit nodig om optimaal te funksioneer.

3. Maagoefeninge in die motor! Wanneer jy in die motor ry, sit regop en doen maagoefeninge deur jou maag so ver moontlik in te trek, dit ’n paar sekondes lank ingetrek te hou en dan weer te ontspan. Doen dit ’n hele paar keer. Vir meer oefeninge, besoek my webtuiste www.lindakriel.co.za.

4. Slanker binnebene! As jy van die vetlagie aan die binnekant van die dye ontslae wil raak, moet jy die spieroefeninge met kardio kombineer. Spieroefeninge alleen gaan nie help nie. Kardiovaskulêre oefeninge – soos stap, draf en fietsry – sal die vetlagie verbrand. Doen die binnebeen-oefening soos volg:

Druk met jou voete binnetoe
Sit op die vloer met jou bene reguit voor jou uitgestrek en plaas jou voete weerskante van ’n stewige stoel of kas. Hou jou rug regop en jou hande langs jou boude. Druk nou met jou voete na binnekant teen die stoel/kas, so hard as wat jy kan. Hou dit so vir 30 tot 60 sekondes, sonder om te ontspan, soos gesien op my webwerf. Vir jou eie eet- en oefenplan, besoek www.lindakriel.co.za.

5. Detoks gereeld! Die moderne lewe met sy geprosesseerde kos, stres, besoedeling en alkoholgebruik maak dat dit nodig is om van al die opgehoopte afvalstowwe ontslae te raak. Suiwering (detoks) behoort baie gereeld gedoen word. Besoek my webwerf vir meer sulke wenke.

Detokswater-resep

Sny die volgende in skyfies in ’n groot houer met 1,5 tot 2 liter water:

  • Halwe komkommer: Dit bevat anti-inflammatoriese eienskappe.
  • Halwe suurlemoen: Dit hhelp jou om van gifstowwe ontslae te raak.
  • Halwe pomelo: Daar word beweer dat pomelo help met vetverbranding.
  • Jy kan ook ander vrugte gebruik, soos aarbeie, lemoene en bloubessies.

6. Vermy alkohol as jy gewig wil verloor! Alkohol bevorder vetberging. Die liggaam berg nie alkohol nie, maar gebruik dit dadelik as energie. Die energie afkomstig van alkohol staan bekend as leë kilojoules, omdat dit geen voedingswaarde het nie.

7. Hier is vir julle ’n stap-draf-program:

Beginnersvlak

Stap rustig afgewissel met vinnig stap – 25 minute.

Middelvlak

Stap vining vir 3 minute en draf vir 90 sekondes. Herhaal die kombinasie 8 keer – 36 minute.     

Gevorderde vlak

Stap vining vir 1 minuur en draf vir 3 minute. Herhaal die kombinasie 12 keer – 48 minute.

8. Strek so gereeld as wat jy kan! Jy sal altyd agterna goed voel. As jy nie genoeg ononderbroke tyd vir strek beskikbaar het nie, kan jy dit drie keer per dag in kort tydjies van sowat 5 minute indeel. Dit sal jou help om dwarsdeur die dag goed te voel. Vir meer, gaan na www.lindakriel.co.za.

9. Drink baie water. Dit help met gewigsverlies! Dis maklik om honger met dors te verwar. Soms voel jy op die onmoontlikste tye honger, maar dalk is dit jou liggaam se behoefte aan vloeistof wat jou verwar. Drink ’n glas water en wag 15 minute. Dalk is jy dan glad nie so honger soos jy gedink het nie. My eet- en oefenplanne kan jou help gewig verloor. Besoek www.lindakriel.co.za.

10. Oefen 3 tot 5 keer ’n week! Een of twee keer per week is nie genoeg om jou liggaam te kondisioneer om vet vry te stel en te verbrand nie. Vir goeie resultate moet jy minstens vier keer per week oefen. As jy bloot oefen vir gesondheid of om jou gewig konstant te hou is drie keer per week genoeg. Kry my eet- en oefenplanne: Kliek op www.lindakriel.co.za.

11. Doen hierdie twee oefeninge om van selluliet ontslae te raak!

Rol van kant tot kant
Sit op die vloer met jou knieë gebuig en jou voete bymekaar. Plaas jou hande agter jou op die grond om jouself te stut. Rol nou van kant tot kant deur albei bene eers na links en dan na regs te kantel. Hou jou bolyf stil en jou voete en knieë bymekaar. Hierdie oefening bevorder nie net die bloedsirkulasie in jou agterstewe nie, maar werk ook goed vir jou middellyf- en maagspiere. Onthou dus om jou maag in te trek om só die oefening meer doeltreffend te maak. Doen 50 herhalings. Doen 3 stelle.

‘Stap’ op jou sitvlak
Sit op die vloer met albei bene voor jou uitgestrek. Hou jou rug regop en jou maag ingetrek. Kruis jou arms voor jou, maar hou jou elmboë gelig vir beter balans. “Stap” nou vorentoe op jou sitvlak vir 8 tellings en dan weer terug vir 8 tellings. Hou so aan vir ’n minuut lank. Doen uiteindelik 3 stelle.

12. Moenie ooreet nie! As jy na ete nog honger voel, wag twintig minute. Die kans is goed dat jy dan nie meer honger sal wees nie want dit is ongeveer hoe lank dit duur voordat jou brein ’n boodskap na jou maag stuur dat jy versadig is. Kliek op www.lindakriel.co.za vir jou eie eet- en oefenplan.

13. Koffie gee energie en is ideaal om te drink voor ’n oefensessie, maar beperk jou koffie-inname! Moenie meer as 4 koppie koffie per dag drink nie. Oormatige en langdurige gebruik kan lei tot ’n lae bloedsuikervlak, geïrriteerdheid en depressie. Dit kan ook die vorming van selluliet aanhelp.

Kry Daai Lyf is Maandae om 17:30 op die kassie – slegs op DStv-kanaal 144!