Logo

Kom fliek saam elke Sondag – #JouSondagdrama

Nuus
16 Januarie 2019
Kry #JouSondagdrama “fix” hier.
JouSondagDrama 2

Foto: Getty Images

kykNET se nuwe projek, #JouSondagdrama, is ’n reeks van 13 alleenstaande films, wat vanaf 20 Januarie 2019 elke Sondagaand op kykNET, DStv-kanaal 144 uitgesaai word.

kykNET se objektief met hierdie projek is om uiteenlopende skrywers van alle agtergronde en ervaringsvelde ’n geleentheid te bied om draaiboeke te skryf deur hulle bestaande verhoogtekste te verwerk vir dié formaat, of om oorspronklike draaiboeke te skryf.

Verskeie gesoute regisseurs, sowel as debuut-regisseurs, is die kans gegee om elk ’n paar films se regie te behartig.

Kykers kan uitsien na uiteenlopende temas en genres. Die ernstige dramas (Die Dag is Bros en Stille Nag) word afgewissel met ligter “rom-coms” (Vat ’n Kans), sowel as komedies (Die Skandaal).

Deon Meyer se kortverhaal, Bottervisse in die jêm, is onder meer tot film verwerk en dit vorm deel van die #JouSondagdrama-reeks.

Hier is alles wat jy moet weet van die #JouSondagdrama-reeks.

Die vervaardigers, Soné Combrinck en Deon Opperman, is ook baie opgewonde oor die vroulike skryftalent van Candice Johannes (Draadloos) en Lize Vosloo (Desember). Die rolverdelings is deurlopend ensemble-werke en bestaan uit geliefde name soos onder andere Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Franci Swanepoel, Simon Bruinders, Amalia Uys, Leandie du Randt-Bosch, Sharleen Surtie Richards en Armand Aucamp. Daar is ook gebruik gemaak van jonger talent soos die 10-jarige Dirk Jacobs en Ian Roelofs.

Kykers sal elke Sondagaand om 20:00 vir die volgende dertien weke kan terugsit en ontspan, terwyl hulle heerlik deur #JouSondagdrama vermaak word.

1547824581 27 kyknet films schedule 1600 x 534 2

Skuif agter die TV in elke Sondag om 20:00 en laat weet ons op sosiale media wat jy dink van elke film met die hutsmerk #JouSondagdrama.