Logo
Koortjies 970x90
web uni tv guide

Koortjies Met Jonathan Rubain

145GeselsprogramPG

Jonathan Rubain is terug met Paaskonsert: ‘Daar móés ’n opoffering wees’

Nuus
13 April 2022
Jy het reg gehoor!
Koortjies EASTER Konsert SM V02 SOCIAL   TW Cover 1500x500

Koortjies met Jonathan Rubain-liefhebbers het omtrent baie om na uit te sien in April! Nie net is die Pinksterkind weer terug met ’n spesiale konsert vir Paasnaweek nie, maar die immergewilde gospelprogram is hernu vir ’n derde seisoen!

Jonathan en sy span het dit goed gedink om weer hierdie jaar iets spesiaal te doen vir die Koortjies-kykers en het ’n aanlyn-konsert voorberei vir Paasnaweek.

“Ons kykers is amazing, hulle kyk elke week ons program en ons dank die Here vir almal se ondersteuning. Ons wil graag iets teruggee aan ons lojale kykers,” sê Jonathan.

“Dié naweek is die naweek waarvoor Jesus eintlik gekom het. Hy het gekom om te kom sterf en ons vry te maak van ons sonde. Daar moes ’n opoffering gewees het en Jesus het gekom om daai opoffering te wees,” sê hy verder. 

Die konsert sal komende Sondag op kykNET & kie se Facebookblad en kykNET se YouTube-kanaal beskikbaar wees.

Koortjies met Jonathan Rubain is ook hernu vir ’n derde seisoen wat beteken dat die program vir die volgende jaar nog elke Sondag op die kassie sal wees.

Kykers kan uitsien na hartroerende onderhoude met sterre soos Jarrid Geduld, Khaya Mthethwa, Frazer Barry en oudpolitikus Dr. Allan Boesak. En natuurlik is daar ook elke week ’n pastoor of gemeenskapslid in die studio wat sy of haar storie kom deel.

Nóg goeie nuus is dat Koortjies teruggeskuif het na hul eerste ateljee en weer ’n gehoor by opnames kan hê. ’n Paar episodes met ’n gehoor is reeds verfilm en sal in Mei op die kassie wees. Kykers wat graag opnames wil bywoon kan ’n e-pos stuur na [email protected].

As jy ’n interessante storie het wat jy wil deel, kan jy ’n e-pos stuur na [email protected]  en ’n lid van die Koortjies-span sal na jou terugkom.

Skakel Sondag om 08:00 in op kykNET se Youtube-kanaal om die Paaskonsert te kyk. Moenie vergeet om ook vir Koortjies met Jonathan Rubain om 18:00 in te skakel op kykNET & kie, DStv-kanaal 145 vir nóg sielskos nie. Koortjies met Jonathan Rubain is ook op DStv CatchUp beskikbaar.