’n Splinternuwe reeks wat aspirant-bakkers na hul koekrollers gaan laat gryp, word van 12 Maart vir dertien weke op Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.
Koekedoor volg op die sukses van Kokkedoor. Waar deelnemers aan dié reeks moes kook, is Koekedoor ’n bakkompetisie. Die verskil tussen Koekedoor en sy ouboet is dat die deelnemers nie in spanne deelneem nie. Elk van die tien deelnemers gaan op sy of haar eie bak.
Daar gaan steeds drie uitdagings per episode wees, en die deelnemers gaan alles van dekadente koeke en terte, tot brode en pasteie optower.
Die drie beoordelaars is Tiaan Langenegger, Mari-Louis Guy en Elizabeth Cloete, en die reeks is in die mooie Tulbach, ’n Bolandse dorpie, verfilm. Die Koekedoor-wenner gaan uiteindelik wegstap met R200 000 kontant, ’n blinknuwe Honda CRV-motor en sy of haar eie bakboek, uitgegee deur Human & Rosseau.
Kyk die video hieronder: