Logo

Koekedoor Episode 6: Broodbak

Nuus
17 April 2015
In Koekedoor word die deelnemers se bakvaardighede deeglik getoets, en dié week was broodbak aan die beurt.
Ep.6 Broodbak
In Koekedoor word die deelnemers se bakvaardighede deeglik getoets, en vandág is broodbak – een van die oudste vaardighede – die uitdaging.

Die kompetisie raak beslis warmer. “Ek is baie hard op myself,” sê Gerrit. “Ek voel ek is ’n totale mislukking as ek ’n ding nie reg doen nie. By die huis kan jy dit in die asblik gooi.”

Vandag se tema bestaan uit twee van die beoordelaar Tiaan Langenegger se gunstelinge: piekniek en brood. “Ek is so opgewonde soos ’n kind,” sê hy.

“Knie is my ding,” sê Mareli. Die tuisgebak-uitdaging is om twee soorte broodrolletjies te bak. Dít klink dalk maklik, meen Elizabeth, maar elke maklike ding het sy eie vangplekke.

Gaan na Koekedoor se webblad vir meer.