Logo

Koekedoor: Die poedingtrollie

Nuus
29 April 2016
’n Poeding is ’n ding wat wíl pronk en vandeesweek is die poedingtrollie die Koekedore se inspirasie. Lees hier hoe die derde episode van Koekedoor verloop het.
Koekedoor 3 Anja Pronk

Vandeesweek is die atmosfeer “anders” in die stoor, sê Wilandi. Elmarie het verlede week die eerste Koekedoor geword om Tulbagh te verlaat, en die deelnemers kan dit vóél.

Poedingtrollie-treffers is van daardie lekkernye wat ’n mens nooit vergeet nie, sê Elizabeth. Die Koekedore maak gereed vir nóg ’n baksessie, en die eerste uitdaging is broodpoeding.

Mari-Louis het in ’n hotel grootgeword en sy dink vandag terug aan haar ma en al die poedings wat sy in haar jonger dae by hotelle geëet het.

Wessels onthou ook dié trollie. “Ek het baie in hotelle gewerk.”

Poedings is ’n gulde geleentheid vir die Koekedore om hulself aan die beoordelaars te bewys, meen Tiaan.

Sonder haar “buurvrou” langs haar vandag, is Suretha dóódstil. “Een van die raserigste henne is weg; die ander raserige hen het haar melk weggeskrik, so sy kekkel ook nie meer nie,” sê Wessels.

Sy gebruik sjokolade in haar broodpoeding, sê Kanya, “want ek kan niks doen sonder sjokolade nie.”

34 koekedoor corli brood

34 koekedoor suretha brood

34 koekedoor wessels brood



Corli kies ’n Kook en Geniet-resep, maar voeg suurlemoen- en lemoenskil by. Sy gebruik ook heuning, “in plaas van te veel suiker.”

Martie maak haar ouma se broodpoeding, maar kies ’n dadelvulsel. Tara gebruik weer neute in haar poeding, sowel as groot en ferm stukke brood. Anja verkies die tekstuur van croissants en hou ook van die botter-inhoud.

Wilandi is vandag baie dankbaar dat sy destyds ’n broodpoeding-resep neergeskryf het toe sy RSG geluister het. Sy gebruik rogbrood, om die kaneelgeur na vore te bring.

Sanet maak ’n “krummel” van botter, bruinsuiker en gekapte pekanneute en rond haar broodpoeding af met ’n brandewynsousie.

Wessels maak ’n resep wat oorspronklik gepen is deur “die koningin van Britse kookkuns”, Mrs. Beeton. Hy vertrou háár “met sy hele hart.”

Die volgende uitdaging verg fynere toorkunsies, en Mari-Louis se perske- en roomkoek is volgende aan die beurt. “Vandág soek ons presies,” sê sy, en voeg by dat sy eerste met die koek sou wegspring. Die vanielje-koekies bo-op moet uitgehol word terwyl dit nog warm is.

34 koekedoor perske ml


“Fyngebak is nie almal se pel nie,” sê Suretha. Haar ouma het altyd gesê “haar kop is naar” en vandag voel dié Koekedoor ook só.

Sanet is die “bangste” vir die vingerkoekies, terwyl Tara nie seker is haar “perske-koekies” is almal ewe groot nie.

Toe sy die oond oopmaak, was sy effens teleurgesteld, sê Martie.

Om jou “koek bymekaar te kry” is die belangrikste item van die dag, meen Mari-Louis.

Die koek staan “op genade, maar hy staan”, sê Wilandi. Van die ander Koekedore is nie so gelukkig nie.

Sy het so gelag vir die eerste seisoen van Koekedoor se deelnemers wie se koeke “so uitmekaar loop”, en “hier het ek ook ene!” lag Kanya.

“Ek is glad nie histeries nie,” sê Sanet. “Dis net nie cool nie.”

’n Poeding is ’n ding wat wíl pronk en die Koekedore sien uit daarna om “een perfekte item te bak”, soos wat Tara dit opsom.

Die Koekedore kry elkeen ’n “gemeente-resepteboekie” vir inspirasie, waarin daar ’n bestanddeel neergeskryf is wat hulle in die pronkgebak-uitdaging moet gebruik.

Martie hoop vir vrugte en haar wens word waar. Kaneel, sitrus, sjokolade, gemmer en brandewyn is van die ander bestanddele wat vandag ’n ereplek in die deelnemers se gebak gaan kry.

Die beoordelaars is op soek na een groot of ses individuele poedings – en die bestanddeel wat aan elkeen toegeken is moet koning kraai.

Terwyl sy haar ma se gemmerkoekie-resep as basis gebruik, dink Tara aan haar ma – wat baie lief is vir gemmer. Wilandi gee vir “Tannie Malva” ’n nuwe jas, terwyl Corli ’n “ystoring”, wat uit roomys bestaan, aanpak. Rooiwyn-pere vorm die kern van Sanet se gebak.

Suretha maak ’n sitrus-skuimpoeding. Wessels maak ’n resep waaraan hy “al 15 jaar aan werk.”

Anja maak panna cotta met makrolletjies, Martie ’n marmerkoek en Kanya bou ’n toring uit meringue.

34 koekedoor 3 anja pronk

34 koekedoor 3 corli pronk

34 koekedoor 3 kanya pronk

34 koekedoor 3 martie pronk

34 koekedoor 3 sanet pronk

34 koekedoor 3 suretha pronk

34 koekedoor 3 tara pronk

34 koekedoor 3 wessels pronk

34 koekedoor 3 wilandi pronk



“My koek is ’n disaster,” sê Corli toe haar roomys smelt. Wessels se koek val op die grond – “ag, vaderlandliefde.”

“Ek wil nog nie huis toe gaan nie,” sê Corli.

Dan word dit tyd om te hoor wie die beoordelaars die meeste beïndruk het. Sanet, Wessels en Tara se name word uitgelees, maar Tara vat die koek.

Die drie deelnemers wat nie vandag “hul ritme gekry het nie” is Suretha, Anja en Martie. Die tweede deelnemer wat die kombuis vandag verlaat is Martie.


Ons het eksklusief met Martie agter die skerms gesels.

Klik hier vir eksklusiewe resepte.

Koekedoor is Donderdae om 20:30 op die kassie.