Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Klipkuns op sy beste! – Kunsvlyt 3

Nuus
23 Julie 2019
Dié week kry rou voorwerpe uit die natuur én ’n handgemaakte objek ’n nuwe baadjie.
Kunsvlyt_Web

Deelnemer Ronell het tydens die derde aflewering van Kunsvlyt ’n nuwe baadjie vir tien klippe en ’n gipsbord aangetrek. En haar “Haas Nes” het só beïndruk dat sy met die eerste prys weggestap het. Só kan jy jou eie “Haas Nes” maak:

Jy benodig: 

  • Ronde hout canvas van Creative Talents
  • Bruin krytverf van Creative Talents
  • Modge podge van Dala
  • Rok patrone uit die rommelkas
  • Callico-lap van Metro
  • Raffia en verpakkingswol van Dala
  • Geroeste draad van rommelkas
  • Daisy en blaar tëeltjies van The Clay Club
  • Skaafsels uit die rommelkas
  • Swart pitt pen van Faber Castell
  • Little Birdie handmad embellishments Butterflies
  • Lint van Metro
  • Wit pom-poms van Dala
  • Hout naam plaatjie van Creative Talents
  • Blare stensil van Creative Talents

Stappe: 

Stap 1

Decoupage ou patrone op die gipsbord sodat dit kan droog word.

Stap 2

Verf die ronde hout canvas bruin en stensil dan die blare op die rand daarvan in bruin.

Stap 3

Sny die Callico-lap in vierkante en draai ’n klippie in elke vierkant toe. Maak dit bo vas met ’n stukkie raffia en trek dit sodat die punte soos oortjies lyk. Plak wit pom-poms om soos stertjies vir die hase te lyk.

Stap 4

Bou die nes met draad van die rommelkas, raffia en verpakkingswol om die rant van die bord. Maak strikkies van die lint en stukke van die lap wat in stroke gesny is. Plak die bord eers op die ronde hout canvas vas en druk dan die verpakkingswol tussen die bord en hout canvas in. Plak dit vas. Die strikkies is met die glue gun geplak. Versier verder met groeperings van klei “daisies” en blaartjies en voeg ’n vlindertjie hier en daar by.

Stap 5

Plaas nou die hasies in die nes. 

Stap 6

Verf die naamplaatjie met die bruin krytverf en wanneer die verf droog is, skryf met die pitt pen die woord ‘haasnes’ daarop.

Kyk hoe mooi:

Gallery


As jy hou van wat jy sien, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.