Logo

Klik-bae – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
13 Januarie 2020
Hier is dit nou... nóg ’n Instagram liefde.
<p>Gerrit en Anchen</p>

Vandeesweek het ons vir oulaas saam met Leah en die boere by die Le Franschhoek Hotel gekuier. Kykers het gretig gewag om te sien hoe die liefde vir al die paartjies gevorder het én om te hoor van die vyf boere wat die minste briewe ontvang het.

Een van hierdie boere was die vriendelike en sportiewe Boer Gerrit. Dié boer het heel rustig met sy plakkies by die hotel aangekom en vir Leah laat weet dat hy toe nié enkellopend was nie. Hy het ’n dame ontmoet wat toevallig besig was om Citrusdal toe te trek. Maar duidelik het dinge nie daar uitgewerk nie want gister het Boer Gerrit ons verras met ’n interessante Instagram post. Hy het liefde gevind by Anchen.

Ja- jy het reg gelees – daaí Anchen.

1578899013 34 anchen pasmaat

Ingeval jy ’n bietjie verlore is – Anchen was een van Boer Graham se pasmaats. Is jy verward? Ons het by Gerrit en Anchen gaan in loer om te hoor wat presies hier aan die gang is.

Hoe het julle ontmoet?

Gerrit: “Ek dink sy het my op Facebook “gestalk’” toe dink sy: “Sjoe! Dié ou is sexy.” Maar ek het ’n follow request op Instagram en Facebook gekry, toe gaan loer ek maar. Ek het gehou van wat ek sien, en toe begin ons praat. Van daar af het ons elke dag, die hele dag gepraat. Sy was baie op haar senuwees toe sy my moet ontmoet, maar ons het ’n instant connection gehad. Ons voel asof ons mekaar al jare ken.”

Wat hou jy die meest van Anchen?

Gerrit: “Sy is spontaan en liefdevol. Ek kan ook nie ophou vir haar kyk nie – sy is só mooi.”

So wat lê voor vir julle twee?

Anchen: “Baie ry! Haha. Ons is so 300km van mekaar af,  maar ons het al ’n plan gemaak om mekaar gereeld te sien.”

Gerrit: “Ons is ook op die uitkyk sodat sy nog teen die einde van hierdie jaar Citrusdal toe kan trek want sy ís Die Een.”

Is julle nog in kontak met van die boere of pasmaats?

Anchen: “Ja, ek gesels nog gereeld met Andrew, Ilne, Ivan en Renette.”

Gerrit: “Ons het ’n WhatsApp gestig met almal wat by die reünie was en ons is van plan om weer iewers in hierdie jaar bymekaar te kom.”

Daar het julle dit nou. Is hulle nie net die oulikste paartjie nie?

KLIEK HIER OM EKSKLUSIEWE FOTO’S TE SIEN VAN HULLE EERSTE VAKANSIE SAAM.

Vir meer Boer soek ’n vrou nuus, volg die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Instagram en Twitter.