Logo
Plaasjapie

Kan jy as stadsjapie die plaaslewe aandurf om ‘n volwaardige “Plaasjapie” te word? Neem hierdie toets.

Nuus
09 Mei 2024
Het jy al ooit gewonder of jy op ‘n plaas sou oorleef? Beantwoord ons vasvra en vind uit!
Plaasjapie 2

Die tweede seisoen van Plaasjapie is aan die gang en kykers sien hoe verskeie stadsjapies die plaaslewe vas gevat het. As jy ‘n stadsjapie en ‘n aanhanger is en jy wonder of jy dit sou maak op ‘n plaas; neem hierdie toets en vind uit!

Elke vraag word met ‘n “Ja” of “Nee” beantwoord.

1.Wen of verloor, jy is nie bang om ‘n nuwe uitdaging aan te pak nie.

Ja/ Nee

2. Jy het jouself al hoor sê: “Ek ken nie tuinwerk nie” of “Ek weet nie eens hoe lyk onkruid nie!”

Ja/ Nee

3. Kan jy instruksies neem?

Ja/ Nee

4. Sal jy enigeen van die volgende aktiwiteite sonder huiwer aanpak: ‘n Koei gemelk, diere kos en water gee, en ‘n draad span.

Ja/ Nee

5. Jy gee nie om, om jou horlosie prys te gee en die son te laat bepaal wanneer jou werk klaar gaan wees nie.

Ja/ Nee

6. Sal jy meeding in boeresport-speletjies?

Ja/ Nee

7. Jy sal sonder moeite ‘n sonhoed en ‘n paar vellies dra, asook sonskerm aanwend.

Ja/ Nee

8. Jy weet hoe ‘n knipmes lyk en jy sal seker maak dit word op die regte geleenthede gebruik.

Ja/ Nee

9. Spanwerk is nie ‘n probleem vir jou nie, al beteken dit dat ‘n spanmaat ‘n doring in jou vlees is.

Ja/ Nee

10. Jy sal beslis op bully beef, bone en groente kan lewe vir meer as ‘n week lank.

Ja/ Nee

  • Indien jy “Nee” gesê het op meer as een vraag, dan moet jy liewer nie probeer om na ‘n plaas toe gaan nie. Indien al jou antwoorde “Ja” was, kan jy jou sak pak en ‘n vakansie reël op iemand se plaas. Jy staan beslis ‘n kans om ‘n #Plaasjapie te word.

Stroom Plaasjapie elke Donderdag om 20:00 op DStv-kanaal 144 of kyk die episodes op DStv Stream. Jy kan ook deelneem aan gesprekke aanlyn, gebruik die hutsmerk #Plaasjapie.