Logo

Kamers 2016: Pretoria – Musiek

Nuus
23 November 2016
Kamers-gangers kan van 28 November tot 4 Desember 2016 in Pretoria uitsien na meer as uitgesoekte ontwerpersprodukte. Heerlike musiekvermaak sal ook verskaf word.
Kamers Lauren Kim 01

Gavin van den Berg


Kamers-gangers kan van 28 November tot 4 Desember 2016 in Pretoria uitsien na meer as uitgesoekte ontwerpersprodukte. Heerlike musiekvermaak sal ook verskaf word.

Dié jaar sak die gordyn op Kamers se veertiende jaar – ’n jaar waarin dit Suid-Afrika se kreatiewe lig selfs verder gedra het – by Open Window/Southdowns College in Irene.

Vanjaar is Absa betrek as borg en markgangers sal voorgestel word aan ’n innoverende kontantlose-sisteem wat nóú Kamers by alle toekomstige geleenthede sal vergesel.

34 kamers


Kamers 2016: Irene, Pretoria
28 November tot 4 Desember 2016
Open Window, Southdowns
09:00 tot 17:00, daagliks

Toegang

R50 (sluit ’n pragtige Kamers-inkopiesak in, handgedruk deur Breytenback Sentrum se gemeenskapsprojek in Wellington)
5-dag-kaartjies beskikbaar teen R100
Afslag vir studente en pensioenarisse
Gratis toegang vir onder 18’s
Kaartjies beskikbaar by die hekke teen R70 of by www.plankton.mobi

Kry ons aanlyn:

kamersvol.com | facebook.com/kamersvol | Twitter & Instagram: @kamersvol

34 kamers lauren kim 01

34 kamers lauren kim 02

34 kamers lauren kim 03



Die volgende kunstenaars sal op die verhoog te sien wees:

Gavin van den Berg van Lunatic Wolf – 3 Desember om 12:00

Lunatic Wolf is ’n folkrockgroep van Johannesburg wat in 2012 ontstaan het. Hul album To the Adventure is in 2014 uitgereik. Mense wat hou van Death Cab for Cutie, Noah Gundersen, Mumford & Sons en Sufjan Stevens sal versot wees op dié groep. Gavin van den Berg, hoofsanger van die groep, gaan Kamers-gangers vermaak.

Willemien Heyns & Adelle Nqeto – 3 Desember om 14:00

Willemien Rust (née Heyns) is ’n plaaslike sanger en liedjieskrywer met ’n Franse alter ego, “Philomène”. Sy en Sanet Stegmann het hul debuutalbum in 2009 vrygestel, en die akkoestiese duo, “aanklank”, het gereeld in Johannesburg en Pretoria opgetree. Willemien het in 2013 twee solo-projekte begin – “Willemien &” en “Philomène &”. Haar stem kan gehoor word in die plaaslike fliek French Toast.

Adelle is ’n 25-jarige sanger en liedjieskrywer van Pretoria. Sy het die groep Flint, meet Spark in 2012 begin en al saam met Jeremy Loops aan sy album gewerk.

Shotgun Tori & The Hound – 4 Desember om 11:00

Victoria Landey (Shotgun Tori) en Fred van der Merwe (The Hound) snoer kragte saam as die indie-folk-duo Shotgun Tori & The Hound. Wat hulle skep is rou en organies. Shotgun Tori (sang, kitaar) is ’n storieverteller wat uit haar hart uit sing, en stories oor hartseer en die geheime van menswees deel. The Hound (banjo, kitaar en uke) bring skakerings van lig en donker na die musiek.

34 kamers shotgun tori and the hound


Refentse – 4 Desember om 13:00

Refentse Morake is ’n kunstenaar met passie – nie net vir sy sangloopbaan nie, maar vir die lewe en alles wat na sy kant toe kom. My hart bly in ’n taal is sy jongste album. Wat ’n mens die diepste raak is hoe Refentse bande smee en brûe bou. Hy bring hulde aan ikone in Afrikaanse musiek, met ’n vars kinkel en melodieë wat gewilde liedjies saamsnoer.

34 refentse album cover


Doen inkopies aanlyn by shop.kamersvol.com