Logo

Kadoes sprei haar vlerke na Clare se Mooimaak – Mooimaak 3

Nuus
25 Maart 2021
Kadoes is ‘n inspirasie vir almal met wie sy in aanraking kom en is ‘n getuie van die menslike uithouvermoë en oorlewingsinstink.
Kadoes BB

Kadoes het op die ouderdom van 25 verlam geraak nadat sy ‘n kiem opgedoen het in ‘n hospitaal. Sy het geweier dat dit haar terughou in die lewe, en selfs nou in haar vroeë sestigs, is haar lewenslus aansteeklik. Sy het wel gesukkel met haar selfvertroue en het altyd gevoel dat sy ‘n gedeelte van haar lyf moes wegsteek vir die wêreld. Clare het vir Kadoes en haar man geskiet vir ‘n piekniek in Franschhoek met gesonde Simple Truth peuselhappies van Checkers. Min het Kadoes geweet dat Clare en haar span eintlik ‘n baie groter verassing vir haar gehad het. Haar lewenslange droom was om uit ‘n vliegtuig te tandemspring. As gevolg van die inperking moes die planne wel effens verander en het Clare en haar span gereël dat Kadoes valskermsweef by die Mont Rochelle-privaatnatuurreservaat!

Laserderm het vir Kadoes gehelp met hulle Morpheus 8-behandeling op haar gesig, nek en bors. Morpheus 8 se fraksionele tegnologie is uitstekend om vel, weefsel en kollageen te herbou. Saam met die Laserderm-behandelings het Kadoes Lamelle se Dermaheal-produkte gebruik. Dermaheal was spesifiek goed vir Kadoes se vel aangesien dit beskadigde, dormante selle herstel na hulle normale, jeugdige selfunksie. Dit beveg ook kroniese inflammasie wat veroudering kan veroorsaak, help om kollageen te stimuleer en om die bestaande kollageen te beskerm.

Dermastore het gesorg dat Kadoes haar Dermaheal-produkte kon aanhou bestel na haar Mooimaak-reis.

Kadoes het al haar tande laat trek toe sy in Matriek was. JJS Dentistry het vir Kadoes ‘n nuwe gebit ontwerp vir haar boonste en onderste tande wat haar beter gepas het en haar profiel ook verbeter het.

Kadoes is ‘n inspirasie vir almal met wie sy in aanraking kom en is ‘n getuie van die menslike uithouvermoë en oorlewingsinstink. Na haar Mooimaak-reis kan Kadoes nou glo dat haar voorkoms by haar gees pas, en dit is asemrowend mooi.

My lewensreis tot op 24 jaar was rooskleurig, vrolik, gelukkig en geseënd. Op 25 is daardie reis summier onderbreek toe ek in 2 maande se tyd die gebruik van my bene en n baba verloor het. Vir 36 jr was die reis hobbelrig, soms op teerpaaie, ander kere op grondpaaie en baie kere in donker tonnels. Ek was met my innerlike baie tevrede maar met my uiterlike het ek geworstel en het spieëls vermy.

In Februarie 2020 het my reis die einde van die tonnel bereik en 'n helder lig het op my geskyn toe ek die oproep van Mooimaak 2020 kry. Kadoes, het ek besef , hier is die kans waarvoor jy soooo lank al wag.

Geen mens kan vir iemand anders die gevoel van dankbaarheid beskryf om net te ontvang en te ontvang nie. Clare grawe diep in jou binneste maar haal die seer en eina's waarvan niemand weet nie uit sodat dit kan genees.

Laserderm ontvang jou soos familie, maak jou met liefde baie seer sodat jy van binne na buite kan genees. Lamelle met hulle wonderlike produkte is die belangrikste toevoeging om die genesing te laat plaasvind en te onderhou. Dr JJ Serfontein en Dr Melissa Brink is die beste. Hoe gaan mens ooit weer kan teruggaan na tweedebeste. My hele mondvorm het verander onder hulle bekwame hande. Die dieëtkundiges doen hul uiterste bes om my gewigsverlies te ondersteun. My privaat-instrukteur, Rosco, oefen soggens 7uur saam met my om die bietjie spiere wat al baie pap is weer stewig te kry. Maree probeer hard om my kleresmaak te verbeter. Lameez met haar wonderlike geaardheid vertroetel my hare en laat my 20 jaar jonger voel en Monique gebruik haar poeier kwassies en borsels en verander die nuwe voorkoms in die van ‘n skoonheidskoningin.

Maar ons moet ook nie vergeet dat daar op elke reis duisend mense is wat dit laat gebeur nie. Ek glo en ek weet 2020 het die BESTE Mooimaak-span ooit gehad. Bernice, Annemarie, Corne,elke kameraman, elke klankman en al die ander was die BESTE. Dankie Kyknet vir hierdie ongelooflike reis. Ek kyk nou in elke spieël, ek voel tevrede met wat ek sien, ek is gelukkig met myself. Ek is trots op myself. Ek is ek. Die nuwe Kadoes Carstens” – Kadoes Carstens

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.

Stroom nou die volle Mooimaak seisoen 3 op die DStv App, en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik.