Foto: Verskaf deur Big Concerts
Die multi-platinum-kunstenaar Josh Groban gaan in April 2016 terugkeer na Suid-Afrika, ter ondersteuning van sy nuwe album Stages, met optredes in Johannesburg, Durban en Kaapstad. Big Concerts het die nuus bevestig.
Die toer word met trots aangebied deur KFM, East Coast Radio en kykNET, en is nóg ’n Big Concerts-ervaring.
Groban, oorspronklik van Los Angeles, het sy eerste deurbraak in 2001 gemaak met sy selfgetitelde debuutalbum en het sedertdien vyf multi-platinum-albums vrygestel. Hy meer as 25 miljoen albums wêreldwyd verkoop en verskeie nominasies, wat twee Grammy-toekennings en ’n Oscar insluit, ontvang. In Suid-Afrika het hy sowat 750 000 albums in die afgelope tien jaar verkoop.
Sy onlangse album, Stages, het vir drie weke nommereen-status op Suid-Afrikaanse trefferlyste geniet. Dié album bestaan uit treffers vanuit onder meer Les Misérables, Sweeney Todd, The Wizard of Oz, sowel as Andrew Lloyd Weber se The Phantom of the Opera.
Tydens Groban se laaste besoek aan Suid-Afrika was al vyf sy vertonings heeltemal uitverkoop. Dus word aanhangers aangemoedig om vroegtydig kaartjies te bespreek.
Kaartjies is beskikbaar vanaf Donderdag 17 September om 09:00 by bigconcerts.co.za en Computicket.
Johannesburg
Vrydag 8 April 2016
Ticketpro Dome
Prys: R565-R1190
Durban
Sondag 10 April 2016
ICC Durban Arena
Prys: R450-R905
Kaapstad
Dinsdag 12 April en Woensdag 13 April 2016
Grand Arena, GrandWest
Prys: R565-R1130