Logo

Jonk en verlief – Boer soek 'n vrou 12

Nuus
14 Januarie 2020
Wat lê voor vir #Grilne?
<p>Grilne</p>

Kykers was al vroeg in die seisoen oortuig dat Ilne die pasmaat vir Graham was. Hierdie jong paartjie het kykers herinner hoe lekker nuwe liefde is. Maar ons wou uitvind of die vlamme van liefde nog brand en by Ilne gaan kuier.

Voordat ons nog enige iets kon vra, het Ilne lekker gelag soos sy ons vertel hoer snaaks die naam, #Grilne vir haar en Graham is. Sy bieg dat sy self nie aan ’n beter kombinasie kan dink nie, maar ons dink ongelukkig nie dat ons ons kreatiewe werk een dag op die trou-uitnodigings gaan sien nie.

Ilne het ons verseker dat hulle verhouding nog baie goed is en dat hulle albei baie gelukkig is – Ilne het selfs amper ’n maand op Graham se plaas gaan kuier! Dít is ’n belowende teken. Ilne het ook verlede jaar haar studies klaar gemaak, so dit gee vir die paartjie ’n bietjie vryheid om te besluit hoe hulle wil voortgaan. Ons skat dat Ilne binnekort haarself in Cradock gaan vind omdat sy en Graham erken dat die langafstand nie lekker is nie. Verder sê sy: “Ons moet maar dink aan die logistiek, want as dit net afgehang het van hoe ons voel sou ek al nader getrek het.”

Al het dié pasmaat geluk gevind op die reeks, dink sy dat dit belangrik is vir die wat wil inskryf om te onthou dat hulle waarde nie lê in of hulle gekies word nie. Sy voel dat jy jouself eerste moet leer ken voordat jy liefde soek.

 

Ons is só opgewonde om te sien wat voorlê vir hierdie lovebirds. Vir die vaarste nuus, volg die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Instagram en Twitter.