Logo
Die Real Housewives van Pretoria - Season 1. Lottostar Kompetisie - R50 000
web uni tv guide

Die Real Housewives van Pretoria

144Realiteit13 L

Hoe om as 'n “Real Housewife” te kwalifiseer – Die Real Housewives van Pretoria

Nuus
10 November 2022
Gemanikuurde naels, stylvolle klere van bekende, duur handelsmerke is nie al wat jou kwalifiseer as 'n "Real Housewife". Vind meer uit.
kwalifiseer jy as 'n Real Housewife

Met watter een van die dames identifiseer jy die meeste? Kiki, Marié, Mel, Renske, Rhona  of Talana? 

Het jy al gewonder of jy “dít het” om  beskou te word as deel van die “Real Housewives”? kykNET se digitale span het 'n lys saamgestel van die moets en moenies van 'n “Real Housewife”. 

Die dames leef die gesegde “go big or go home”

Die tipiese “Real Housewife” is bekend vir haar groot, luukse huis en 'n string vinnige motors wat in haar garage geparkeer is. Jy sal so nou-en-dan vir haar sien rondloop met inkopie sakkies van bekende, duur handelsmerke of bekende ontwerpers. Sy blink daagliks van kop tot toon in stylvolle klere, elegante skoene, juweliersware en word altyd gesien met gemanikuurde naels – jy sal haar definitief deur 'n ring kan trek. En natuurlik is die gesels oor Botox en “fillers” die norm vir hierdie dames.

Daar word ook gereelde vakansies gereël. Renske het in 'n eksklusiewe onderhoud gesê dat alhoewel sy en haar gesin verkies om hul huis te geniet, gaan hulle soms plaas toe as 'n gesin om te ontspan.

Haar hande staan vir niks verkeerd nie

Die dames is gewoonlik in beheer van hulle tyd, sodat hulle maklik 'n projek (of twee!) by die huis aanpak.

Gemanikuurde naels of dan nou nie, baie van hierdie dames sal 'n plan maak om iets te DIY veral as dit by hul kinders kom. Talana van “Die Real Housewives van Pretoria” spog dat sy weet hoe om 'n boor te hanteer en dat sy self haar baba’s se bababedjie gebou het.

Dan is daar dames soos Marié wat haar kinders inspan vir die aktiwiteite: Sy het in 'n eksklusiewe onderhoud genoem dat sy en haar kinders dit geniet om in die kombuis te kuier wanneer hulle haar besoek vanuit Australië.

Op DStv-kanaal 161, Mzansi Magic het Camilla van “The Real Housewives of Cape Town” haar kinders geneem na 'n winkel wat keramiek-items verkoop, wat jy self kan verf. Terwyl hulle besig was met dié aktiwiteit, kon hulle ook lekker met mekaar kuier.

Haar “self-care”- aktiwiteite en “girls night” is onkonvensioneel

Van Marié wat haarself bederf het met 'n sessie by 'n skietbaan en die ondervinding beskryf het as “orgasmic”, tot en met Rhona wat die dames genooi het na 'n staptog toe in Muldersdrif – dié is definitief nie die tipiese “girls night out” nie. 

Ons kan ook nie vergeet van die dag op die resiesbaan toe Kiki vir Mel uitgedaag het om met haar te “dice” nie!

Die dames van “The Real Housewives of Cape Town” het ook verwag om 'n “haunted house”- ervaring te hê by Camilla se huis tydens 'n girls night.

Daar is 'n stylvolle “outfit” vir elke geleentheid

As jy 'n “Real Housewife” is, kan jy verskeie tema-partytjies verwag, soos byvoorbeeld Bev van Kaapstad se “all white”- partytjie op 'n seiljag  of Renske van Pretoria se “glam up”- stokvel vir liefdadigheid. Daar was ook 'n kinderpartytjie met 'n Safari-tema in Kaapstad – Camilla het selfs opgedaag in 'n diere-kostuum!

Terwyl sommige lyk asof hulle mode-ontwerpers op “speed dial” het, maak ander seker hulle haal uit en wys by partytjies waar hulle optree as gasvroue: Die partytjies word waarskynlik gereël deur 'n “event planner”, en in sommige gevalle word “entertainers” ook sommer uitgenooi.

Wees gereed om 'n gasvrou te wees wat uithaal en wys

Die “Real Housewife” maak tyd om haar vriendinne te onthaal – of dit by haar huis is of vir 'n uitstappie. Tydens “The Real Housewives of Durban”, het een van die dames die ander na Sun City in Johannesburg geneem.

Mel van Pretoria het in 'n eksklusiewe onderhoud gesê dat alhoewel sy nie gaste onthaal by haar huis nie, sou sy graag 'n sjef reël vir die swierige affêre. “Jy huur hulle om te kook, en dan vind julle uit by die gaste waarvan hulle hou, en dan word die gaste bedien waarvan hulle hou.”

Kiki het ook om die beurt gesê sy hou daarvan om haar gaste te laat voel asof hulle in 'n hotel bly wanneer hulle kom kuier. Sy sal byvoorbeeld die sepies en 'n lekkerruik sproei uithaal vir die kamers, en spesiale beddegoed vir hulle opsit. “Ek wil hulle laat welkom voel; vir hulle 'n kamer gee met 'n 'view.'”

Sy voeg ook by dat sy sal verkies dat haar gaste nie enigiets moet saambring as hulle vir haar en haar man, Malcolm, kom kuier nie. “Ons hou daarvan om hulle kos en drankies reg te hê.”

Meeste van die dames besit besighede

Soos gesien in meeste van die “Real Housewives”-franchises, besit die meerderheid van die dames 'n besigheid. Sommige van die dames het meer as een inkomste: Hulle besit dalk hulle eie wyn-handelsmerk, of spa, of is 'n sosiale media “influencer”.

Sy is nie op haar mond geval nie

Die dames skram nie weg van konflik af nie omdat hulle opinies saak maak.  Hulle glo ook dat dit goed is “to agree to disagree”. In al die “Real Housewives”-franchises, was daar al vele konfrontasies en in meeste gevalle laat die vroue mekaar toe om die lug te suiwer.

Laat weet ons wat jou laat kwalifiseer as 'n “Real Houswife” en gesels saam oor “Die Real Housewives van Pretoria op Facebook, Twitter en Instagram deur die volgende hutsmerke te gebruik: #RHOPTA, #PREToria en #GoedBeterGoedste.