Logo
MMF

Hoe lyk ons nou – Maak My Famous 2

Nuus
25 September 2020
Lees meer hier oor waarmee jou gunsteling tans besig is na Maak My Famous...
119742068 10157347475731746 4034189025204374839 o

Die kompetisie het ons talente vreeslik besig gehou, maar dié deelnemers het nie op hul laat wag nie. Na hul uit die kompetisie getree het, het hul dadelik weer ingeduik aan die diepkant.

Hiermee hou hul hulself besig:

Henrico Coetzer 
“Ek is tans besig om my nuwe enkelsnit 'Hoor my Woorde' op te neem wat die 1ste Oktober bekendgestel gaan word. Dit is ’n lekkerluister Afrikaanse liedjie met ’n diep storie. Dit gaan oor hoe dit nou my tyd is. Al was daar teleurstelling, veral met my wat uitgeval het uit Maak My Famous, gaan dit my nie onderkry nie. Ek is reg vir die bedryf, gaan my alles gee en die beste ek wees wat ek kan. Dit is ’n lied van hoop. Die liedjie is geskryf deur die bekende Vaughan Gardiner. Ek het vir Vaughan presies gesê wat my doel met die liedjie is. Dis nou die tyd om te wys wie ek is, met ’n liedjie wat my terug in die kollig plaas.”

Die Wesso's het, tydens hul tydperk in die Maak My Famous-huis begin werk aan 'n gospel lied – wat hul hoop om teen 2021 te kan opneem. 
Luister hier na 'n lusmaker:

Rotas is ook volstoom besig om sy debuut op te neem en het óók seisoen 1 wenner, Cheswyn Ruiters vergesel om sy aanlyn konsert op 20 September.

Jayson Kleinschmidt was ook een van die talente wat op 20 September deel gevorm het van Ruiters se aanlyn konsert. 

Op 31 Oktober moet jy regmaak vir vermaak vanaf die boonste rakke met die Maak My Famous top-10 'Showcase'.