Logo
Glam Guru
web uni tv guide

Glam Guru

144VoorkomsPG

Glam Guru: Hannon maak weer mooi

Nuus
15 Maart 2016
In die tiende seisoen van Glam Guru ontmoet ons mense van oud tot jonk, kyk na martiekafskeid-neigings en selfs ’n inspirerende jong vrou in ’n rolstoel.
Glam Guru 10 Nuus 01

Glam Guru is die reeks waar Hannon Bothma en sy span mense se lewens verander deur hulle bloot te wys hoe maklik dit is om met min moeite sommer baie beter te lyk (en beter te voel!).

“Mooiwees is lekker en mooimaak is maklik! Jy moet net weet wat om te doen en die regte produk hê,” sê Hannon.

Die deelnemers aan die tiende seisoen van Glam Guru wissel dan ook van ’n jong matriekleerling wat droom van ’n sprokies-matriekafskeid, tot ’n vrolike, lewensblye jong vrou in ’n rolstoel. Almal met een ding in gemeen: ’n Beter, of dan die regte voorkoms, sal die lewe selfs nóg beter maak!

“Dis ongelooflik om elke episode saam met die deelnemer op reis te gaan, en dan aan die einde dit te beleef wanneer hulle uitstap en hulle eie potensiaal raaksien!” sê Hannon. “Soms kom skoonheid en geluk van binne – van binne buisies en botteltjies!”



Die tiende seisoen van Glam Guru is Hannon se eerste seisoen as Huisgenoot-rubriekskrywer en -gesig. As kykers dus nóg meer van Hannon wil weet en hoor, is dit so maklik soos om die Huisgenoot weekliks te koop.

Besoek Hannon se webblad vir meer oor sy velsorgreeks en produkte.

Kyk Glam Guru, vanaf 17 April 2016 elke Sondag om 18:00.