Logo
Glam Guru
web uni tv guide

Glam Guru

144VoorkomsPG

Skryf in vir die nuwe seisoen van Glam Guru

Nuus
12 November 2021
Inskrywings vir die 22ste seisoen van Glam Guru is nou oop en ons soek jou!
Glam Guru S22 Entries BB

Hannon Bothma en sy Glam Guru-span is op soek na kykers wat graag splinternuut gemaak wil word op sy gewilde TV-program op kykNET. 

Glam Guru is ‘n TV-leefstylprogram wat mooi maak sonder dokters en messe, en wat gewone mense die kans gee om ‘n fantastiese nuwe voorkoms te kry. Hannon is bekend as ‘n man van skoonheid en styl en is al ‘n super-stillis en die “man van wonderwerke” genoem. Nou kry jy die kans om dalk een van die gelukkiges te wees! Jy kan self inskryf of iemand benoem.

Wat Moet jy doen?

1. Stuur ’n e-pos aan [email protected] met jou naam, van, adres en telefoonnommer.

2. Heg ‘n vollengte-foto sowel as ’n gesigfoto aan van jouself of die persoon wat jy graag wil inskryf. Die foto mag nie ouer as ‘n maand wees nie. Duidelike selfoonfoto’s is ideaal. 

3. Gebruik jou naam en ‘Glam Guru-inskrywing’ in die onderwerpveld. 

4. Suksesvolle kandidate sal genooi word vir ‘n persoonlike onderhoud met Hannon in Johannesburg.

5. Die eerste onderhoude begin reeds einde November, so skryf so spoedig as moontlik in!

Die Fynskrif
Geen korrespondensie sal gevoer word indien jou aansoek nie suksesvol is nie.
Inskrywings is reeds oop en jy het kans om in te skryf tot 30 November 2021.