Logo

Ghoema-toekennings 2016: Inskrywings

Nuus
02 Oktober 2015
Inskrywings vir die jaarlikse Ghoema- Afrikaanse musiektoekennings het geopen en jy word uitgenooi om jóú stem te laat tel!
Ghoema_Logo

Inskrywings vir die jaarlikse Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings het geopen en u word uitgenooi omom u inskrywing(s) te maak!

Klik op die skakels hieronder om die nodige vorms af te laai:

GHOEMA 2016 Amptelike Kriteria, Reëls en Regulasies

GHOEMA 2016 Inskrywingsvorm

Neem asseblief kennis van die volgende:

- Elke verteenwoordiger en kunstenaar moet hulself deeglik vergewis van die inhoud van die Amptelike Kriteria en Regulasies-dokument, soos opgetrek en saamgestel deur die Bestuurskomitee, voordat inskrywings gemaak word.

- Die inskrywingsvorm het twee bladsye: Die fisiese inskrywingsvorm sowel as ’n voorbeeld van hoe inskrywings gemaak moet word. Inskrywings moet duidelik gemerk word en as ’n PDF-dokument gestuur word na: [email protected].

- Nadat alle inskrywings ontvang is, sal ’n faktuur aan u gestuur word om die inskrywingsfooi(e) te betaal.

- Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 27 Oktober 2015 en ons gaan streng by dié sperdatum hou!

Ghoema 2016 word met trots aangebied deur kykNET.