Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Kwêla Feite en Geite-kompetisie inskrywings vir 2022 is oop

Nuus
24 Julie 2022
Vind meer uit oor hoe jy kan deelneem.
Feite en Geite

Het jy video materiaal van interessante natuurverskynsels of interessante gedrag in die natuur, natuurtonele, reisjoernale, ensovoorts? Nou is jou kans om in te skryf vir vanjaar se 

Kwêla Feite en Geite Amateur Video-kompetisie.

Wie kwalifiseer?

Elke inskrywing moet van ‘n inskrywingsvorm vergesel word.

Indien jy jonger as 18 jaar oud is, moet jy toestemming by jou ouers of voogde verkry voordat jy kan inskryf.

Dit maak nie saak wanneer die video-opname gemaak is nie.

Jy mag nie inskryf indien jy:

  • Eerste, tweede en derde plek wenners is van die Feite & Geite kompetisie van die vorige jaar.
  • Werksaam is in die televisiebedryf.
  • ’n Direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van die promotor is en enigiemand wat die promotor beheer of deur die promotor beheer word, sowel as verskaffers van goedere of dienste wat verband hou met die kompetisie, mag nie deelneem nie. Werknemers van M-Net, kykNET, Homebrew Films, of Kwêla (of enige van hulle vennote), mag ook nie vir die kompetisie inskryf nie.

Hoe werk dit?

In die Feite & Geite-afdeling moet daar nie meer as 15 minute se videomateriaal ingestuur word nie. Dit kan ongeredigeer wees. Sou die inskrywing tot die finale ronde deurdring, mag die produksiehuis moontlik verdere materiaal aanvra.

Indien die deelnemer verkies om ‘n geredigeerde weergawe in te stuur, mag dit wel gedoen word; stuur net die oorspronklike materiaal, met die natuurlike klank, sonder musiek of kommentaar saam. Sou die inskrywing tot die televisieronde deurdring, sal die na-produksie (die redigering, teks en klankmeng) egter professioneel deur die produksiehuis gedoen word.

Slegs ’n maksimum van drie inskrywings per deelnemer toegelaat word.

Materiaal moet verkieslik digitaal in die beste kwaliteit wat jy dit in verfilm het gelewer word. Jy kan dit op DVD, geheuestokkie of band lewer, of per e-pos stuur of wetransfer.com.

KLIK HIER VIR DIE VOLLEDIGE BEPALINGS EN VOORWAARDES

Laai die inskrywingsvorm hier af: 

 

Gebruik enige van die volgende metodes om in te skryf:

1. E-pos-inskrywings kan gestuur word na [email protected]

Inskrywings wat per e-pos gestuur word, moet vergesel word van ‘n inskrywingsvorm. Geen inskrywings daarsonder sal aanvaar word nie.

2. Die videomateriaal kan saam met die inskrywingsvorm per voorkeurpos of geregistreerde pos gestuur word aan:

Kwêla Feite en Geite

Postnet Suite 248

Private Bag X1

Vlaeberg

8018

3. Dit kan ook per hand by die produksiekantoor afgelewer word by Homebrew Films Produksiekantoor, Atlantic Studios, 7 Montague Drive, Montague Gardens, Kaapstad. 

Die sluitingsdatum vir Feite en Geite is 31 Augustus 2022.

Die Feite & Geite finaliste sal in September/Oktober op Kwêla bekend gemaak word en die publiek sal per SMS vir hulle gunstelinge kan stem. Gedurende die Feite & Geite kompetisiefase vanaf 25 September tot einde November kry kykers die geleentheid om vir hulle gunsteling video’s te stem deur die naam van ʼn sleutelwoord na 33157 te SMS. Dié nommer is ook toeganklik vir Namibiërs.