Logo

Geure uit die Vallei: Bees-Primarib

Nuus
03 Maart 2015
In die volgende episode van Geure uit die Vallei keer Chris terug na die plek waar hy gewerk het as uitvoerende sjef – die bekroonde luukse boetiekhotel, La Residence, in Franschhoek. Hier's een van die resepte uit die episode.
IMG_5362-1 MB JPEG_2462x1641

Bees-Primarib met Groen Peperkorrelsous

Bedien 4-6

1 Heel Bees-Primarib (ongeveer 3.5kg)
Olyfolie
4 Knoffelhuisies, geskil en gekneus
Vars Tiemie & Roosmaryn na smaak
Swartpeper & Sout na smaak
Sous:
½ Ui, grof gekap
2 Knoffelhuisies, geskil en gekneus
1 Koppie Room
1 Eetlepel Gemaalde Swartpeper
Sous van die oondpan nadat die vleis gerus het.
Vars Pietersielie, fyngekap
Sout na smaak
Aartappel & Sampioene:
Olyfolie
1 Bondel Sprietuie, gekap
1 Takkie Roosmaryn, gekap
10 Baba Aartappels, gekook tot gaar maar steeds effens ferm
250gr. Sampioene van jou keuse
2 Knoffelhuisies, gekap

• Voorverhit die oond tot 230°C.
• Plaas die vleis in ‘n oondpan. Gooi ‘n paar Eetlepels Olyfolie oor, gevolg deur die Suurlemoensap, Sout, Peper en vars kruie. Vryf die Sout, Peper en Kruie oor die hele Beesrib. Neem nou die Knoffel, vryf dit oor die vleis en plaas dan die Knoffelhuisies in die oondpan.
• Plaas die Beesrib in die oond sodra die oond die regte temperatuur bereik het en bak vir 10 minute. Verlaag nou die temperatuur tot 140°C en bak vir 60 – 75 minute.
• Verwyder uit die oond, bedek met tinfoelie en laat rus vir 20 minute terwyl jy die sous en groente maak.
• Vir die Aartappels & Sampioene: Plaas 1 Eetlepel van die Olyfolie in ‘n groot pan en verhit. Gooi die Sprietuie en Knoffel in, roer, en braai vir sowat ‘n minuut. Plaas nou die gekookte Aartappels by wat jy in kwarte gesny het. Na sowat ‘n minuut kan jy die Sampioene byvoeg. Braai vir ‘n paar minute tot die Sampioene begin sag word, en voeg nou die Roosmaryn en Knoffel by. Roer en braai tot die Knoffel gaar is en die Aartappels warm is en effens verkleur het. Voeg Sout & Peper by na smaak.
• Terwyl die Vleis rus en die Aartappels en Sampioene gaar word, kan solank met die sous begin word: Verhit Olyfolie in ‘n klein Potjie, gooi die Ui & Knoffel by en kook tot sag.
• Roer nou die vars Room by en verlaag die hitte tot ‘n prut. Sodra die sous begin verdik kan jy die Peperkorrels byvoeg tesame met al die sous wat nou in die oondpan is. Maak seker die vleis bly mooi toe onder die tinfoelie.
• Draai die hitte effens hoër en laat die sous afkook totdat dit begin verdik. Verwyder die sous van die hitte af en gebruik ‘n handmenger om die sous te versap of fyn te maak. Plaas die pot terug op die stoof en geur met Sout, Peper en vars Pietersielie. Hou warm.
• Sny die Primarib in skywe en bedien met die Aartappel & Sampioene en die Groenpepersous.

*Kyk Geure uit die Vallei Woensdag om 17:30 vir die res van die resepte.

*Besoek die Geure uit die Vallei webblad vir die res van die resepte.