Logo

Ek hou van ’n man – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
01 Januarie 2020
Boer Willem het by Sanel en haar familie gaan kuier in Mooinooi.
Willem Web

Met al die feestelikhede in Desember, was dit maklik om per ongeluk die nuutste episode van Boer soek ’n vrou mis te loop. Ons sê nie dit is reg nie – maar ons verstaan dat tyd ’n denkbeeldige konsep is na jou derde glas sjampanje. So as jy die boere se eerste ontmoeting met hulle potensiële skoonmense misgeloop het, lees verder vir alles wat jy moet weet.

So vandeesweek was dit ’n 'n senuweeagtige Willem se beurt om Mooinooi toe te reis om Sanel se ouers te ontmoet. Soos altyd, het Sanel hom baie vinnig op sy gemak gestel met haar skerp sin vir humor.

Met sy kuiltjies en opregte maniere, het Willem baie vinnig in Sanel se ouers, boetie en sussie se harte gekruip. Maar die groter toets was om te sien hoe hy homself sou hanteer voor al haar ander familielede.

Dié selfversekerde boer het die hele familie beïndruk! Hy het verseker dat hy vir almal spesiale aandag gegee het en het selfs die moeite gedoen om almal se name en gesigte te onthou. Teen die einde van die aand het jy so lekker gekuier dat iemand sou dink dat hy ’n al ’n lang pad saam met daardie familie gestap het.

KLIEK HIER OM TE SIEN WAT ANDERS WILLEM IN MOOINOOI GEDOEN HET.

As hierdie kuiertjie 'n aanduiding was van Willem en Sanel se toekoms, moet ons beslis voorberei vir die volgende reeks-troue – of wat sê jy? Laat weet ons deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Instagram, Facebook en Twitter te gebruik.