Logo

Edik van Nantes in Oktober terug op die kassie

Nuus
09 Mei 2016
Nataniël en sy span het gister in Frankryk aangekom vir die verfilming van die tweede seisoen van die kosreeks Edik van Nantes.
Edik van Nantes 2  Tasse

Nataniël en sy span het gister in Frankryk aangekom vir die verfilming van die tweede seisoen van die kosreeks Edik van Nantes. Hierdie reeks, aangebied deur Nataniël en sy broer, Erik, word vanaf Oktober op kykNET uitgesaai.



“Ons het die plaas verlaat!” sê Nataniël. “Edik van Nantes 2 het ’n splinternuwe verhaal en vind plaas op ’n beeldskone (geheime) plek buite Nantes. Dit word alles in episode 1 onthul! Die geregte is aanskoulik, die kostuums is dramaties en die omgewing is asemrowend!”

Nantes is Frankryk se sewende grootste stad, ’n Middeleeuse stad met ’n jong bevolking. Daar is ’n groot universiteit en verskeie opleidingsentrums. Nantes is ’n stad van uiterstes – ’n industriële stad (Airbus word hier gebou), met ’n groot teenwoordigheid van kontemporêre kunstenaars en hulle werk; geen teken van die tipiese draaitjies, krulletjies en bossies laventel wat gewoonlik met Frankryk geassosieer word nie.

Hou kyknet.tv dop vir meer nuus oor die nuwe seisoen. Vir agtergrond oor die eerste seisoen, lees hier.