Op die aand van haar agtiende verjaardag prik die beeldskone prinses Aurora haar vinger op ’n spinwiel en val in ’n betowerende diep slaap. Is dit die einde, of sal die kus van die aantreklike prins haar laat ontwaak?
Vanaf 5 Mei tot 4 Junie 2017 leef die fantasiewêreld van sprokies en romanse weereens by Emperors Palace, waar die klassieke verhaal van die slapende skone op die verhoog uitspeel as ’n splinternuwe Afrikaanse pantomime, Doringrosie. Vars op die hakke van die uitmuntende Sneeuwitjie en Aspoestertjie, gaan hierdie produksie verseker ook ’n treffer wees!
Die pragtige Charlize Berg skitter in die titelrol teenoor die talentvolle akteur, aanbieder en sanger Marno van der Merwe as die heldhaftige Prins Aalwyn. Die beeldskone Bianca le Grange is natuurlik die perfekte Belladonna (Maleficent), terwyl die vlymskerp humor van die twee goeie feë (Hannes Brümmer en Tiaan Rautenbach) oud en jonk gaan laat skaterlag.
Doringrosie word vervaardig deur Renier en Lise-Marie Keyser van Add-Life Productions, wat sedert 2007 bekendheid verwerf het vir hul keurige oorspronklike Afrikaanse musiekspele, onder meer Sneeuwitjie en Aspoestertjie.
Doringrosie is ’n opwindende avontuur met iets vir almal: Kwinkslag-humor vir die ouers, vervleg met die mooiste sprokieselemente vir die kinders. So moenie slaap nie – kry jou kaartjies sommer vandag nog!
Genre:
Afrikaanse pantomime
Datums:
5 Mei tot 4 Junie 2017
Teater:
Theatre of Marcellus by Emperors Palace
Kaartjiepryse:
R170 – R270
Kaartjies beskikbaar by:
www.computicket.com of 0861 915 8000 of www.emperorspalace.com
Spesiale afslag beskikbaar:
10% afslag vir pensionarisse
10% afslag vir groepe van 10+
R120-kaartjies op Donderdae om 19:30 vir groepe van 30+
Spesiale afslag vir Winners Circle-lede
Hoofspelers:
Charlize Berg (Doringrosie), Amor Vittone (Belladonna), Marno van der Merwe (Prins Aalwyn), Hannes Brümmer (Feëtjie Kruidjie-Roer-My-Nie) en Tiaan Rautenbach (Feëtjie Vygie Fynbos)
Vervaardigers:
Add-Life Productions
Regisseur:
Weslee Lauder
Musiekregisseur:
Heidi Edeling
Stelontwerpers:
Renier Keyser en Nadine Minnaar