Logo

Dokkie vertel Boere-Argentyne se storie

Nuus
14 Maart 2016
Boere op die Aardsdrempel is ’n dokumentêre fliek oor die laaste Afrikaanssprekende nasate van die Boere-Argentyne.
New Poster AFR v2 Objects

Boere op die Aardsdrempel is ’n dokumentêre fliek oor die laaste Afrikaanssprekende nasate van die Boere-Argentyne.

Die streek Patagonia in Argentinië is waar ’n Afrikaanssprekende gemeenskap heenkome gevind het ná ’n verwoestende oorlog teen Brittanje.

Hulle het sowat 100 jaar gelede die Atlantiese Oseaan oorgesteek op soek na ’n nuwe lewe – vry van die onderdrukkende Britse koloniale heerskappy.

34 boere aarsdrempel 02


Kyk hier onder na die lokprent vir Boere op die Aardsdrempel:



Die verloop van tyd het gepaard gegaan met die verval van hul kultuur en die stelselmatige agteruitgang van die gebruik van Afrikaans. ’n Handvol inwoners wat steeds Afrikaans praat, is gewikkel in ’n stryd om hul taal en kultuur te red.

34 boere aarsdrempel 03


Die fliek plaas ook die kollig op ’n gesin wat erg na Suid-Afrika verlang.

Boere op die Aardsdrempel begin op 18 Maart 2016 in teaters landswyd te draai.

34 boere aardsdrempel poster