Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Dit was ‘n propvol week gewees op jou gunsteling kykNET-kanale!

Nuus
16 Julie 2021
Lees dié artikel vir ‘n verfrisser van al die hoogtepunte uit vandeesweek se uitsendings…
Untitled design (5)

Donderdag om 20:00  was dit tyd gewees vir die finale episode van Op My Eish! – sou Neels van Jaarsveld liefde gevind het? Sou sy gekose dame in ‘n verhouding met hom wou wees? Al dié spanning het ons behoorlik op die punte van ons stoele gehou!

In Arendsvlei op kykNET&kie was daar ‘n epiese ‘dance-off’ tussen die leerders. Kyk nou net hoe dié jong talent blom!

Woensdagaand was Bertus Basson en sy span kundiges in Pringlebaai gewees by die bekende ‘Hook, line & sinker’- restaurant. Maar kon hulle dié restaurant-eienaar oortuig dat verandering ‘n goeie ding is?

Spoorloos: Steynhof – die derde seisoen in die Spoorloos-reeks, het omtrent die kykers gaande! Almal wil weet wat volgende gaan gebeur. Wie gaan Adri kies? Is bloed werklik dikker as water?

En laaste, maar nie die minste nie, het Ty uitgevind van sy seun, Carlo in Suidooster. Nou is die vraag – gaan Carlo deel van Ty se lewe raak – of nie?

Daar is nooit ‘n tekort aan vermaak op die kykNET-kanale nie. Bly dus ingeskakel en onthou om saam te gesels op Facebook, Twitter én Instagram! En as jy nie jou gunsteling program die week kon kyk nie – moet nie vergeet dat dit ook beskikbaar is op die DStv-app nie.