Logo

Dis ‘official’ – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
08 Januarie 2020
Jy verdien ’n breuk… lees dié artikel terwyl jy ’n lekker koppie boeretroos geniet.
5

Terwyl die joligheid van die feestyd en die nuwe dekade nou begin kwyn en jy weer terugkeer na jou normale daaglikse roetine; het ons dit goed gedink om jou terug te neem na die son, see en strand van die boere se vakansie by Plettenbergbaai.

Boer Graham praat nou al die hele seisoen van die stofstorm van gevoel. Ons kan met veiligheid sê dat dié stofstorm aangebreek het in die vorm van Ilne. Die liefde het behoorlik begin blom tussen die twee vandat hy by haar ouers in Potchefstroom gekuier het.

Dit was tydens die groepaktiwiteit dat ons werklik gesien het dat die paartjie die spreekwoordelike sprong geneem het om mekaar volkome in hul verhouding te vertrou.

Die oulikste deel van hierdie paartjie se vakansie was toe Ilne ons vertel het hoe Graham haar gevra het om sy meisie te wees. (Ons wens iemand wil ons vra om hulle blom te wees!)

Nietemin, hoop ons net alles wat mooi is aan Boer Graham en Ilne!

Onthou om in te skakel vir die volgende episode van Boer soek ’n vrou wanneer dit die reünie is. Ons kan nie anders as om te wonder wat intussen in Boer Graham en Ilne se lewens gebeur het nie.

Gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op sosiale media.