Logo

Dierbare Damian – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
15 Januarie 2020
Het Boer Damian al liefde gevind?
3

Daar is geen twyfel dat #BoerDamian vir groot opskudding gesorg het tydens die twaalfde seisoen van dié gewilde reeks nie, maar hoe het sy liefdes paadjie geloop na die reeks? Gelukkig is Bapsfontein nie te vêr van Johannesburg af nie en het ons toe bietjie gaan kuier.

Hoe voel jy oor die aandag wat jy kry sedert die reeks begin het?

“Die aandag is baie overwhelming en is nie iets wat ek verwag het nie… mens cope maar met dit en vat dit dag vir dag. Ek fokus maar op die mooi, positiewe kommentaar.”

Het jy al na die reeks liefde gevind?

“Nee, nog nie. Ek is maar doenig op die plaas en kry nie baie tyd om uit te gaan en te gaan kuier. Gelukkig met sosiale media is dit makliker om mense te ontmoet. Die hoop beskaam nooit nie.”

Het jy nog kontak met van die ander boere en pasmaats?

“Ons het ’n WhatsApp-groepie met al die boere en die pasmaats daarop. As iemand iets sien of aan iets dink wat hulle aan die seisoen laat dink, stuur hulle dit op die groepie. Ons beplan ook om later in die jaar ’n reünie te hou.”

Sal jy die reeks aanbeveel vir ander boere?

Definitief vir elke persoon wat op ’n plaas woon of werk. Dit maak baie deure vir jou oop. Die tipe persoon wat jou aantreklik sal vind het dan ’n groter kans om jou raak te sien en kontak te maak.

Alhoewel #BoerDamian nie op die huidige oomblik iemand in sy lewe het nie, glo ons dat die regte persoon sommer vinnig oor sy pad sal kom.