Maandag, 2 Maart 2015
Pippa se hormone pla haar, en Ivanka skep nuwe moed. Cherilee ontmoet ‘n nuwe prooi, en Gertrude vind uit wie is die eksekuteur van Merle se boedel.
Dinsdag, 3 Maart 2015
Merle se laaste wens lei tot ‘n groot skok vir haar erfgename, en Susanna praat openhartig met Van oor Cherilee. Getrude het haar mes in vir Zadie, en Van se kar word gesteel.
Woensdag, 4 Maart 2015
Cherilee is kniediep in die moeilikheid – en nie net oor Van se planne nie. Gertrude speel oop kaarte met Nick, terwyl Zadie baie ernstige sake moet oordink.
Donderdag, 5 Maart 2015
Van neem ‘n besluit oor huisvesting – en dit lei tot ‘n argument tussen Okkie en Ilse. Karli soek raak by haar ma, en Susanna wil na die wildsplaas toe gaan. Gertrude waag ‘n voorspelling oor die toekoms, en Cherilee het ‘n plan.
Vrydag, 6 Maart 2015
At ry Susanna se planne in die wiele, en Adelyn is die eerste een wat hoor wat Zadie en Nick se besluit is. Okkie besef wat met sy kredietkaart gebeur het, en Nick ontvang slegte nuus.